Soms moet ek vir myself sê, MAAK PLEK, skuif op, make the circle bigger. . . ons isi almal dieselle nie, en dis OK.
Ek love die wat kan filosofeer, rooiwyn drink, goeie musiek wardeer, graag luister en om ‘n braai vuurtjie kan sit en lag, wat kan gesels oor ‘onthou jy?’ – ‘ekt eendag erens gelees’ – ‘het jy geweet’ . . . Dis daar by julle wat ek vir my ‘n permanente sit plekkie maak, waar ek kan rustig raak en waar ek my hart kan leeg-maak, sonder om te worry oor wat julle dink, want ons dink dieselfde. Ons weeg goed, meet goed, bespreek goed, deel goed. Julle groei op my soos mos, want julle is amper net soos ekke.
Ek loop ‘n pad met opregte mense, wat weet die lewe gaan oor soveel meer as die klomp nulle in jou bank, mense wat weet, wat jy het, is NET genade. Ons hou kontak en ons ruil bybel versies uit, stuur elke nou en dan ‘n opbouende sms’ie of email. . . Ekt jou nodig, want om jou in my lewe te he, hou my geanker. Jy is vir my ‘n voorbeeld en ek is vir jou ‘n steunpilaar. Saam jou, skyn my lig op sy helderste. Ons kyk boontoe, ons herinner mekaar om NOOIT iets as vanselfsprekend te aanvaar nie. Dis vir jou wat ek bel as my hoop min is en my gemoed vol. DANKIE.
‘n Vinnige kuiertjie, ENIGE tyd, want jys altyd game. Tyd is vir jou niks, jy haat roetine. Jou crazy, mal geselsies kills the dullness of an average day. In jou company lag ek dat my oe traan, niks ernstige stories nie, ons unwind net. As ek by jou is, besef ek opnuut, ek wil nooit die gevoel van VRYHEID verloor nie. Jy is soos ‘n koel briesie op ‘n warm dag.
Jys anders, mar ek love dit. . . dit fasineer my. Jy loop rond met jou skets boek en sleep jou voete. Ek wil nie soos jy wees nie, want ek dink jou klere is snaaks, jy dra te veel ringe en jou hare is deurmekaar, maar ek dink dit pas by jou. Ek geniet al jou stories . . . En as ek vir jou koebaai sê, sê ek ook sommer vir die Here dankie dat ons almal uniek is. Jou foto hoort in ‘n art book, want dis hoe cool jy is.
As ek kon, het ek meer tyd saam met jou spandeer. . . bal geskop en ingekleur of iets. Kleine mensie, wat altyd lag. As ek by jou is, leer ek om weer kind te wees en ek besef ouderdom is net ‘n nommer. Mag ek nooit die lus om te lewe verloor nie. En vir jou. . . vir jou wil ek niks leer nie, want ek wil nie die plek van jou mamma en pappa vat nie, ek wil net DAAR WEES VIR JOU.
Ek kry jou jammer. . . Want jy kry altyd al die ander jammer. Jou hart is sag. Jy vra forever omverskoning oor iets. Jy praat sag, ek doen moeite om jou te leer ken, maar jou pastel bloesie en gestrykte demin, en perfekte kapsel, maak my ongemaklik. Elke epos van ‘n verlore hond en foto van ‘n kind wat ondervoed is, laat jou uitbars in trane. Jy glo die wereld is wreed. Ek wil jou in watte toedraai en beskerm. Soms word ek kwaad en praat hard, voel ek sommer om iets te skop . . . dan dink ek aan jou en wens ek, ek was biekie meer saggeaard soos jy, want jyt ‘n mooi hart.
Ons kom al ‘n lang pad, maar tye verander. . . Ek kuier soms by jou en jou gesinnetjie. Kyk na jul gesins fotos teen die gang muur en sien die tietie-bottels in julle kombuis staan. Ek hoor hoe besig julle is, hoe duur pamper doeke is, en ek smile. Jy het ‘n mooi familie en wanneer ek met jou kinders te speel, kry ek ‘n kykie in ‘n lewe, ver van myne af. Soms beny ek julle. Maar ek herinner myself. God se tyd is nie ons tyd nie. En as ek na die overall prentjie van julle kyk, weet ek hoe ‘n huis moet lyk en voel.
Jy is nice, mense hou van jou, ek ook, maar as jy my vra hoe dit met my gaan, vertel ek jou, net bo-langs. Ja, jy is my vriend, maar om die een of ander rede hou ek my afstand. Iets pla my en ek kan nie my vinger daarop le nie, maar. . . nietemin, leer ek by jou, want jy is wys. Ek hoor jou praat, jys slim met woorde, jys besig, jy doen goeie goed, en jy is (sonder dat jy dit dalk besef) vol van . . . JOUself. Ek wil so graag vir jou sê, Make your circle bigger!
Ek hou van jou, want jy is wie jy is. Biekie crazy, maar dierbaar. Jy lat my lag, jou emotionele uitbarstings leer my om beheersd te wees. Ek hou jou dop en al jou energie maak my moeg. Jy is soos die weer. . . sê wat jy wil sê. Ek luister na al die dramas in jou lewe en ek smile, want jy raak so excited . . . en jy raak net so kwaad. Jy is passie vol, oor als !!! As ek eendag in ‘n fight is, wil ek he jy moet aan my kant wees.
Ek besef maar al te goed, as jy ‘n prentjie van my moet teken, pas ek ook dalk nie in die rol van ‘n hero nie. En dis ok met my . . .
. . . .we just gotta make the circle bigger.
How great is it . . . ‘Being able to walk with kings, but never loose the common touch’
13 September 2011
