Te veel eyeshadow

Die Boek, SO LYK ‘n VROU!

‘n Mede lief-lees-vriendin van my, het eendag vir my die e-book gestuur en later het Cindy my ook van hom vertel. (ek noem spesifiek haar naam, want jul sal ook ‘n stukkie van haar storie hier lees). Ek kon toe dus nie anders as om hom te gaan koop en te lees nie. ‘n Boek met blaaie wat jy in jou hande kan vashou, bly maar my voorkeur.  

‘So lyk ‘n vrou’ . . . is die gru verhaal van Esli (Ilse) se jare van mishandeling deur haar narsistiese x man.  Bart.

Wat ‘n ontnugtering?  So ontstellend.  So insiggewend. So hartseer.  Ek dank die liewe Heer dat haar storie mooi geëindig het, anders sou ek darem maar baie vies gewees het.  Ek is nou maar eenmaal nie iemand vir ‘n hartseer einde nie.  Ek het nogal gesukkel om deur te druk en hom klaar te lees.  Net soos met die twee Anna boeke en Huis van Gruwels.  Hierdie dinge breek my brein.  Maar ekt hom klaar gemaak en daarna het ek op facebook ‘n vinnige resensie geskryf, want ek voel vroue moet dit lees. Enige vrou, maar veral vroue wat vasgevang is in so sitsuasie en jonger vroue wat nog date en opsoek is na Mr Right. Die kommentaar op facebook, het my hare laat rys.  Hoeveel vroue gaan nie hierdeur nie? BAIE BAIE. Sonder dat ons dit besef. 

Ilse Verster, die skrywer van ‘So lyk ‘n vrou’, was vir 40 jaar vasgevang in ‘n nagmerrie verhouding en later huwelik van verbale, emosionele en fisiese marteling.  Bart was die bloudruk van narsisme.  Hy was geleerd, gerespekteerd en, lyk my, nogal ‘n charmer, want vroue het vir hom geval. Dit kan mens aflei uit die string verhoudings wat hy on the side gehad het.  Van buite af, kon hy dalk vir ander na die typical Mr Right gelyk het.  Hulle dra mos maskers, soos ‘n kulkunstenaar kan ‘n narsis soos Bart die hele wêreld ‘n rat voor die oë draai.  Maar ook nie vir altyd nie.

Needless to say, hierdie boek, die kommentaar van ander ander vroue daarop en die stories van mense wat ek ken, het my kop laat maal en dit was die rede waarom ek voor my computer ingeskuif het en besluit het om iets te skryf oor vroue, mishandeling, narsisme, vals hoop en al die duidend dinge wat daarmee saamgaan. Ek moet ook net hierby sê, ek is nie ‘n kenner, huweliksberader, siener of professional nie.  Ek is ‘n gewone vrou en ma, wat dink soos ander vrouens en ma’s. En dinge soos hierdie rattle my ook, nes vir julle. 

Ek was self op ‘n tyd deur emosionele mishandeling. Vasgevang in ‘n verhouding waar drank en later pornografie dikwels sy eerste liefde was. Die gil en skree, die vernedering, die vrees wanneer hy begin slinger en ek op eiers moes loop.  Die spanning wanneer ek niemand kan kontak nie, omdat hy my selfoon teen ‘n muur stukkend gegooi het.  Die remme wat skree wanneer hy kwaad raak, in die kar spring en wegjaag. Die laat aand wakker lê en worry.  Die leuens en ongelukke.  Soveel nagte het ek alleen in die bed gelê en wonder, ‘Wat doen jy hier, Cam?’  Hoekom pak jy nie net jou goedjies, vat vir Febi (my geliefde gemmerkat) en move nie? 
Die waarheid is, ons het begin uitgaan toe ek 17 jaar oud was.  Ek was nooit net ‘n EK nie.  Ek was altyd deel van ONS.  Ek het eintlik nie geweet hoe om net EK te wees nie.  Ek was bang om alleen te wees en ekt nie geweet hoe ek finansieël sal cope nie.  En hierdie is baie vroue se probleem of vrees, hul weet nie hoe hul op hul eie sal leef en survive nie, of sommiges klou net vir te lank aan die hoop vas dat dit sal verander.  Die Here het geweet ek sou nooit die guts hê om te loop nie, selfs al het ek baie keer gedreig.  Veral wanneer ek in die middernagtelike ure in my kar geklim het en na my suster-hulle toe gevlug het. Daarom dat hý my toe op die einde gelos het.  My sitsuasie kan nie regtig vergelyk word met Ilse se storie nie, want hyt nooit sy hand vir my gelig nie.  (Hy kan bly wees.)  Maar my storie was my waarheid en op daardie stadium, was dit my lewe en dit was vir my erg, want ek was tog regtig lief vir hom. Die goeie tye was baie, maar die slegte het die goeie begin versmoor. 

Nie lank na die finale break-up nie, het ‘n totale vreemdeling een keer vir my gesê:  This was not an attack from Satan, this is an act of God. Vandag weet ek, die Here se planne vir my, was voorwaar beter as wat ek ooit sou kon dink.  Ek kon vergewe, ek kon nee sê toe hy my later weer wou terughê.  Ek en hy is nou op ‘n heel gemaklike voet, wat op verjaarsdae vir mekaar geluk sê en so aan. Sy lewe het ook verander en hy is gelukkig getroud.  Ekt besef, hy is ‘n nice ou, hy was net nie MY nice ou nie.  Ek en hy was nooit bedoel nie.  Maar ons verhouding en dit waardeur ek is, het my geskaaf en gevorm.  Ek sou nie gewees het, wie ek vandag is, as ek nie lesse geleer het, uit die 9 jaar saam met hom nie. 

As hierdie dinge my nie ‘n beter mens gemaak het nie, was dit all in vain.  En my grootste wens is dat mense hierdie ter harte sal neem. . . As jy nie iets goeds uit ‘n slegte sitsuasie of ervaring kan vat nie, is dit al wat dit was: ‘n Slegte ding.  As dit jou denkwyse kom verander, jou siening vernuwe, jou vul met empatie, jou ‘n dieper understanding kom gee van mense en hul dinge, verryk dit jou lewe en was dit nie als verniet nie. Baie mense se stories verander hul so, dat hul motiverings praatjies begin lewer.  Hul raak dan ‘n baken van hoop vir ander. Party vroue wat uit ‘n huwelik van mishandeling wegstap, draai uit as kampvegters vir vroue regte en ons het dit ook nodig.   Soos met enige iets in die lewe moet ons altyd probeer om iets positiefs daaruit te haal. En al word jy nie ‘n kampvegter of spreker nie, is jy dalk net eendag op die regte plek en regte tyd, vir iemand anders ‘n lewens boei.   

Hoe-dit-ookal-sy . . . Ons moet nooit ons stories met ander s’n vergelyk nie.  Ons kan net aanklank vind by iemand anders se storie, omdat ons deur iets soorgelyks gegaan het.  Hartseer en swaarkry, is mos nie ‘n kompetisie nie.   

Geslagsgeweld neem toe.  Die koerante is vol daarvan.  Net nou die dag was sosiale media vol videos van Jaco Swart, die windgat tweedehandse car salesman van Pretoria wat sy pragtige jong vrou so gekarate het.  Die fotos van haar blou oë, het die hele Suid Afrika aan die gons gehad. Ekt by myself gedink, geen vrou moet so lyk nie.  Jaco was op almal se tonge en die manne wou hom bykom.

Daar is baie meer Jaco’s  en Bart’s daar buite as wat ons besef. 

Vroue fight dikwels hierdie dinge alleen, is skaam om daaroor te praat, steek dit weg en kruip weg vir die wêreld . . .

Cindy

Met haar toestemming, deel ek met julle, ‘n stukkie van haar storie.

Cinna, my jare lange vriendin, na wie ek dikwels verwys as ‘my person’ of ‘my sister from another mother’, het eintlik nog nooit ‘n maklike lewe gehad nie.  Moeilik grootgeword, maar hierdie dinge kon nooit haar spontaniteit, liefde vir die lewe of joy steel nie.   Dis juis wat my en haar op so ‘n ongelooflike diep level laat click het.  Oh, how I love her!!!!

Direk na matriek raak sy swanger en Zonika word in 2001 op erfenisdag gebore.  Pragtige klein poppie. Miskien het die tyd nie reg gevoel nie, maar vandag weet ons, in soveel opsigte het sy haar ma se saving grace geword. ‘n Stukkie wat die wêreld eendag van haar sal erf, haar eie dogter. Mooi, slim, uitgesproke, sag tog sterk, selfstandig en op ‘n jong ouderdom – wise beyond her age. Nes haar ma.     

Begin 2005 verloor sy haar pa, selfmoord. . . En alhoewel hierdie ‘n bitter bitter moeilike tyd was, hou sy vandag nog vas aan sy bundel vol gedigte en put vrede uit die hartsgeheime, diepte en wyshede wat hy daarin ‘met haar’ deel.  Hoe sou sy ooit met die dood van haar pa kon raai, dat dit nie die moeilikste ding was, waardeur sy in haar lewe sou moes werk nie.

Einde 2005 trou hulle uiteindelik en in Maart 2007 maak Zander sy opwagting. Sy pa se bul en sy ma se oogappel.  Zonnie sy kleinboetie.  Vandag ‘n fris jong hoërskool seun, wat die girls se knieë lam maak, in die gym uithang en uitblink in rugby. 

Alhoewel ons ‘n baie baie hegte verhouding het, was dit asof sy met tye net heeltemal wegraak het.  Ek kon dit nie altyd verstaan nie, en op my eie – in hindsight, selfsugtige manier – was ek teleurgesteld in haar. Vir my, was sy nog altyd die verpersoonliking van ‘n sterk vrou, dus was dit vir my ‘n groot skok toe ons weer kontak maak en sy teenoor my oopmaak. 

Syt ook hierdie paadjie geloop. . . Alleen.

Die giant in hul huwelik was dwelm verslawing.  Sy moes toe kyk hoe die besittings in hul huis minder word en ‘wegraak’, hoe Nigeriërs in die straat voor hul huis sit en hul dophou.  Hoe haar man weggeraak het, net om ‘n paar dae later êrens langs die pad gevind te word, gedehidreed, gedisoriënteerd, geslaan en verniel deur dwelm pushers.

Watse tipe man druk ‘n vuurwapen onder sy ken en sê vir sy vrou . . . ‘Kom sit en kyk, dan sal jy weet hoe jou pa gelyk het’  
If I only knew. . . dan het ek in my blou tjorrie geklim, Bloem toe gery en julle kom haal. 

Hul sê mos, ‘n vrou is altyd die laaste een om uit te vind, maar daar word ook gesê, ‘n vrou op ‘n missie, doen beter speurwerk as die FBI. Syt goed geweet van talle verhoudings, selfs sy verhouding met een van haar eie susters. Maar vir lank het sy verduidelinking oor hoekom hy nie opstaan en regmaak om werk toe te gaan nie, haar laat wonder.  ‘Nee Mev, hy werk al ‘n hele rukkie nie meer hier nie’.  Soveel leuens en alles is jou skuld.  Hy vat nie die blaam vir enige iets nie.  Bloudruk van ‘n narsis.  Smeek en huil help nie.  Verslawing is hul baas en dryfveer.  Jy veg teen iets, waaroor jy glad nie beheer het nie. 

Hoe funksioneer ‘n mens in so huis?, het ek al vir haar gevra. . . Cam, mens doen nie regtig nie.  Mens leef in ‘n waas, loop op eiers, wag vir die volgende episode wanneer jy verkeerd trap en die woorde en houe soos sweepslae val. Dan trek jy maar ‘n langmou hemp aan, grimeer goed en gaan werk. Want jou werk is die huis se enigste inkomste.  Intussen probeer jy ‘n ma wees vir jou twee pragtige kinders, maar dikwels is ‘n eenvoudige takie soos wasgoed was en kosmaak vir jou kinders, net te veel . . . mens cope nie.  Jy pak jou huis op, want jul moet alweer trek.  Mens raak stiller en mens verloor jouself.  Jou sirkeltjie word so bitter klein.  Familie draai hul rue op jou, want wie wil nou glo dat hul seun en broer die pad so kwyt geraak het? 
MAAR eendag is eendag. . . Dan word die probleme te groot om weg te steek.  Die ontnugtering wanneer jou bankkaart wegraak en jou rekening waarin jou salaris sopas betaal is, leeggetrek is. Zander en Zonika moet skoolgaan, huur moet betaal word, ‘n mens moet eet en leef. . . maar hierdie is nie ‘n lewe nie.

Die probleem het nie weggegaan nie, maar die Here het haar krag gegee om haar kinders te vat en weg te stap. 

‘n Getuienis van groot genade.

‘n Profesie wat waar geword het.

‘n Lig het na soveel donker, uiteindelik aangekom.

‘n Verlede vol een-ry-voetspore.

‘n Storie van vergewe.

Hierdie het nie maklik gekom nie en daarop gaan ek nie uitbrei nie. . . maar vandag is daar weer ‘n vonkel in haar oë.  ‘n Dieper, wyser en sterkter Cindy het my gegroet toe ek haar onlangs weer gesien het. 

DANKIE Here!!! 

Zonnie en Zander, ek hoop julle weet, julle was haar rede om te lewe.   
Dankie Juan, dat jy vir haar lief is, soos wat sy nog nooit geken het nie. Julle is meant to be.  Ek glo dit met my hele hart.

CINDY, as daar een mens is, wat ‘n mooi einde en liefde in oorvloed verdien, dan is dit JY!!!
Dankie dat jy my vertrou om hierdie stukkie van jou storie te kan deel. Mag die verlede jou nooit terughou nie.  It was never about you, it was all about him. 

Mag jou storie hoop bring vir vroue wat veg teen die duiwels wat dreig om hul lewens te verwoes. 

Mika

‘n Dag of twee nadat ek my opinie oor die boek op facebook gedeel het, whatsapp Mika my.  Mika is die ma van my goeie vriend, Gianni.  Gianni was op ‘n tyd in my lewe, my ‘beskermheer’ en rots.  Hy is ongelukkig die 26 ste Julie 2011 op die ouderdom van 34 in ‘n motorongeluk oorlede. 

Ek het nooit vir Mika geken nie, en tot nou toe, nog nooit ontmoet nie, maar ekt haar deur sosiale media gaan opsoek na Gianni se dood en ons het dikwels op mekaar se skouers gehuil. Deur die jare het ons kontak gehou en kan ek haar ook ‘n vriendin noem.  Alhoewel sy natuurlik in ouderdom, my ma kon wees. Ouderdom tel mos nie altyd nie. 

Gianni het my nooit van sy kinderjare of familie vertel nie, maar ek het geweet hyt ‘n broer, ‘n half suster en dat sy ouers geskei is.  

Mika begin deur vir my te sê;  ‘Carli, I cannot read this book, I will get sick from it, cause the same happened to me.  Gianni’s dad, broke me into pieces, and my sons had to pick me up and put me back together’.  Sy vertel toe vir my haar hele verhaal.
Whaaaat??? Ek kan dit nie glo nie.  Nog ‘n vrou wat hierdie pad moes stap.   

Sy en Jimmy (ek wil graag sy regte naam hier noem, maar in hierdie stuk, noem ons hom eerder Jimmy) is op ‘n baie jong ouderdom getroud.  Ek reken hy het vir haar soos Mr Right gelyk.  Humble beginnings, want hul het nie veel gehad nie.  ‘We had pine furniture’, deel sy die storie met my.  Sy praat engels, die trotse Italiaanse vrou wat sy is, en ek praat in my Boertjie engels.  Maar ons verstaan mekaar.

Saam het hulle ‘n empire gebou.  Het sy haar hande blase gewerk en haarself afgesloof, in hul eerste eie besigheid.  Wat later uitgebrei het en meer en meer geword het.  Vooraanstaande, goeie, super winsgewende besighede het vinnig gevolg en gegroei. Nie lank nadat hul rykdom begin vlam vat het nie, het hy ‘n verhouding met ‘n vrou aangeknoop wat vir hom gewerk het. Saam het hulle ‘n kind.  (terwyl hy en Mika nog getroud was)  Gianni en Claudio se halfsuster. Almal in die dorpe waar hy besighede het, het die wêreld van hom gedink. (almal behalwe die wat in sy binnekring beweeg het en geweet het dat hy ‘n opperste narsis is)  Jimmy is so suksesvol en so ‘driven’, so goeie sake man. Ek moes self daai tyd hoor, hoe goeie besigheidsman hy is. ‘As long as he could take from you, you were good.  If you could not give any more, then you were cast away like a dog’

Min wetend, by die huis, verniel Jimmy sy vrou. Vir 21 lang jare, was sy sy slaansak en slaaf.  Nie net fisies nie, maar ook emosioneel.  Die proses van afbreek gebeur nie oornag nie.  Stukkende plekke word gesond, ribbes groei weer aan, kneusplekke gaan plak soos blou eyeshadow om jou oë, maar genadiglik word dit weer gesond.  Dis die letsels wat aan jou menswees kom klou, wat soms nie heel nie.  Die stille Mika het net stiller geword, meer in haar dop gekruip en gesorg dat sy uit die publieke oog bly.  Sy het erken dat sy later ‘n verslawing ontwikkel het vir pynstillers, a numbing agent.  I don’t blame her. Hoeveel keer moet mens hoor hoe sleg, swak en useless jy is, voordat jy dit self begin glo? 

Ek verstaan nie, hoe ‘n man dit aan sy vrou kan doen nie, die ma van sy kinders.  Hoe doen énige iemand dit aan iemand anders?  Sy eie seuns moes hul ma een keer, soos ‘n baba in ‘n kombers toedraai, haar in die kar laai en na haar omsien. ‘Gianni saved my life’

Hoekom het sy nie vroeër geloop nie? Want syt gehoop. . . ‘I was hoping that he would turn from his ways’. Dit was immers nie die man met wie sy getrou het nie.  Mense verander. Geld verander mense. Of party mense hou net ‘n front voor.

Gelukkig het haar storie ook ‘n goeie einde.  Sy leef al vir jare op haar eie en alhoewel sy steeds sukkel met vergifnis, het sy vrede. Haar huwelik met Jimmy, het haar verander, het haar beroof van mooi jong jare, maar dit het haar ook sterker gemaak.  Haar wêreld draai rondom Claudio, en sy gesin. Haar kleinseun is haar saving grace na Gianni se dood en saam leer hulle hom, om altyd humble en gentle te bly, nes sy Oom en Pa. 

Ek het net ‘n kort stukkie van Mika se storie vertel, nie omdat dit ‘n kort storie is nie, maar omdat ek spesifiek die mishandeling hier wou vaspen.  Nes ek, glo Mika dat vroue moet leer om vir hulself op te staan, maar ook dat jong vrouens gewaarsku moet word en moet leer om uit te kyk vir die gevaartekens.  Mense soos Jimmy voel net powerful, solank as wat hul iemand anders kan beheer, verkleineer en verniel. Wanneer almal teen hul begin opstaan, of die slagoffer wegstap, het hul nie meer daardie power nie.  Dit gaan nooit oor jou nie, dit gaan alles net oor hulle.    


Daar is hoop, soms soek mens net vir hoop op die verkeerde plek.  Soms is die braafste stap nie net om weg te stap nie, maar om weg te stap EN deur die trauma te werk, dit sodoende agter jou te sit, te vergewe en aan te beweeg.  Onvergifnis, maak mense siek.  Daarom dat God is sy woord sê vergifnis maak mens vry. Ons beleef dit ook in Ilse se verhaal.

My vraag is, hoeveel vroue moet nog sulke stories aanhoor, voordat hul sal besef, 21 jaar is te veel en 40 jaar is onmenslik baie? Bitter min vroueslaners verander.  Jy kry nie ‘n toekenning vir uithouvermoë nie.  Hierdie is nie jare wat jy kan terugkry nie.  As die sekond wyser ge-tick het, is daai sekonde vir altyd verby.  Weke word maande en maande word jare. . . Ons lewens word opgemaak deur tyd. . . As jy tyd op die verkeerde plek of in die verkeerde verhouding spandeer, verloor jy ‘n stuk van jou lewe of jy verloor jouself. 

Moet asseblief nie dink, dat ek ‘n voorstaander is van egskeidings nie.  Dit bly sleg en dit bly moeilik.  Dis ook nie ‘n besluit wat ligtelik geneem moet word nie. Waarvan ek wel ‘n voorstaander is, is gesonde gesinne.  Te veel keer bly mense in toxic huwelikke, ‘ter wille van die die kinders’.  Meneer of Mevrou, jou kinders gaan begin dink, dis hoe ‘n huwelik moet lyk. Dis beter om groot te word, in ‘n vredeliewende huis met net een ouer as in ‘n huis met altwee ouers, waar daar nooit vrede en liefde heers nie.  Kinders mag nooit dink, om iemand ‘n blou oog te gee, af te breek, te verkleineer en rond te stamp is die regte manier om verskille te hanteer of gesag af te dwing nie.  DIS NIE HOE ‘N VROU MOET LYK NIE!!!! 

Statistiek Suid-Afrika 2021 bevestig dat 21% van die vroue in ons land deurloop onder geweld en mishandeling. Dit wil sê 1 uit elke 5 vroue wat verby jou loop in die straat, is slagoffers van geslagsgeweld. En hierdie is slégs bevestigde gevalle.  Duisende word nie opgeteken nie, want vroue gaan lê nie noodwendig ‘n klag nie. Ek glo dit is deels omdat hul hulself verdere vernedering wil spaar, omdat hulle bang is vir die oortreders (dikwels hul eie man) en heel moontlik omdat hul nie krag het vir ‘n hofsaak en die rondslomp tussen polisie stasies, verklarings en dies meer nie. As jy een van die 4 is, you can count yourself lucky.  Gaan sommer vanaand op jou knieë en sê dankie.  Ek besef maar alte goed, soms is mans die slagoffers, maar omdat ek nog nooit met so ‘n man te doen gehad het-, of gesels het nie, kan ek my nie daaroor uitlaat nie.  Ek ken nie sulke wille katte nie.  Gelukkig.     

Soos met baie probleme in die lewe (baie, nie almal nie), is die oorsprong hiervan, dikwels in ons eie huise. Kinders maak nie soos ons sê nie, kinders maak soos ons maak.  Miskien moet ons onsself die vraag vra . . . Het my kinders die regte voorbeeld? ‘n Seun moet by sy pa leer, wat dit is om die hoof van sy huis te wees.  Ons moet seuns grootmaak wat nie net weet hoe om konflik en probleme te hanteer nie, maar ook hoe om ‘n vrou te wardeer, te respekteer en lief te hê. In God se woord, gee Hy die manne instruksie om hul vrouens lief te hê.  Nêrens word daar gesê dat vrouens hul man MOET liefhê nie. ‘n Vrou se liefde vir haar man, is ‘n reaksie op sy liefde vir haar.  Dis maar net hoe ons bedraad is . . . Daarteenoor, moet ons dogters grootmaak wat hul waarde ken, goeie gesonde besluite neem en wat vir hulself kan opstaan. Hulle sê mos, dis beter om ‘gesonde’ kinders groot te maak, as om grootmense te probeer ‘gesond’ maak.

Cindy sê, vroue moet leer om meer grace met mekaar te hê, want op ‘n manier fight almal maar een of ander battle. WEES ‘N GOEIE VRIENDIN, ontwikkel ‘n ingesteldheid vir ander vroue, wees ‘n sagte landing, luister sonder om te oordeel, gee raad en motiveer.  Die besluit om weg te stap is nie joune nie, maar wanneer iemand weet dat daar ‘n vangnet is, is die besluit dalk makliker. En BID!!! Bid vir jou mede Eva’s in distress.

Daar is baie mans soos Bart, Jaco en Jimmy daar buite, maar daar is ook baie Ilse’s, Mika’s en Cindy’s tussen ons en ek is bevoorreg om van hierdie sterk vroue te ken.

Ooral waar ons loop en leef, los ons stukkies van onsself. . . maar dis erg om jouself êrens langs die pad te verloor, alhoewel dit nie onmoontlik is om jouself weer op te tel en aan te gaan nie. 

Aan my eie man;  Dankie My Venter, dat jy my liefde wen, oor en oor!

Waar kry n slagoffers van geslagsgeweld hulp?

(BRON:  So lyk ‘n vrou deur Ilse Verster)

Lys aangeheg.

Nommer 40 Vellies

Toe ek klein was, het ek gedink mense van 40 is oud. . . en WOW, kan jy nou meer. . .  hier is ek nou.

Vreemd genoeg, sit die gedagte my glad nie af nie. . . Inteendeel, dit bring ‘n nuwe tipe gemaklikheid met jouself.  En hierdie gemaklikheid maak ouer word, lekker. Ek sou sê, as mens die grys hare kan wegsteek is 40 eintlik die nuwe 30.

Die afgelope jaar, na my Dad se dood, het ek niks geskryf nie, dit was net asof my begeerte om iets met kreatiewe woorde op papier neer te sit, die pad gevat het. . . maar soos met elke seisoen in die lewe, kom daar weer sonskyn na reën, lente na winter en word ‘n steilte tog weer êrens gelyk.  En besides dit, is my kop vol spinnerakke. 

Ekt vir lank gesit en wonder hoe ek hierdie web van gedagtes bymekaar gaan bring, om iets sinvols daarvan te maak. ‘n Kennis van my vra toe nou die dag op Facebook – en miskien het ek nou nie die presiese woorde nie, maar dis in die lyn van: Is dit wat mense op Sosiale Media plaas, ‘n ware weergawe van hulself?

HIERDIE vraag het al die los drade in my kop, kom saamvat en die perfekte wegspringplek geword vir ‘n nuwe skryfstuk. 

Dit het my laat wonder. . . Nie net oor ander nie, maar meeste oor myself.  Ek het deur my eie blad begin ‘scroll’, so ver as wat ek kon.

Wow, what a journey? 

Dit was soos om ‘n kortverhaal van my eie lewe, die afgelope 17 jaar, te lees.  Inskrywing na inskrywing. . . Herinneringe, fotos, liedjies, lief en leed.

Ekt gelag, gebloos, verlang, gehuil en soms in verwondering gestaan . . . Ekt besef, wie en wat jy is en hoe gemaklik jy met jouself is, het eintlik bitter min te doen met hoeveel verjaarsdae jy al gevier het, maar veel meer met die paaie wat jy al geloop het en hoe dit jou verander het.  Mens groei in moeilike sitsuasies, wanneer iets jou druk, soos ‘n hemp wat te klein word, en jy geen ander uitkoms sien as aanvaarding of verandering nie. Dikwels verandering in jouself. 

Ons is almal oppad na dieselfde bestemming, maar nie een van ons loop dieselfde roete nie.  Niemand se roete is sonder klippe, afdraaipadjies of struikelblokke nie en omdat ons so uniek is, ervaar almal die reis anders.     

Ek kan op 40, in alle eerlikheid sê, ek ken myself, al my sterkpunte en swakhede.  Ek het nie engelvlerke nie.  EK is EK en ek is EG . . . Life happened . . . Elke dingetjie, seisoen, verandering, hartseer, groot gebeurtenis, what-you-may-call-it . . . het bygedrae tot die mens wat ek sover is. 

Ek is van genade aanmekaar gesit.

Ek is ‘n mens met ‘n opinie. 

Ek is kontroversieël.

Ek love lag, soms ook vir die stupidste goed.

Ek raak bemoerd.

Ek hou van filosofeer en ek redeneer graag oor iets.

Ek is ‘n diep denker.  

Ek is eerlik en reguit, ek raak opgewerk en opgewonde.

Ek is passievol oor goed wat my na aan die hart lê. 

Ek is beginsel vas en ekt goeie morele waardes.

Ek is swart en wit, maar nie sonder ‘n bietjie grys nie.

Ek verwys dikwels na myself as ‘n Moses, want as ek myself moet vergelyk met iemand in die bybel, is ek seker die tipe wat eerder die rots wil slaan of soos Petrus, Malgus se oor afkap. . . maar ek weet, genadiglik, is daar ‘n plekkie vir mense soos ek. God slaan mos reguit houe met ‘n krom stok.

Alhoewel ons nie noodwendig beheer het oor al die paaie op ons roete nie, is daar ‘n duisend keuses en besluite langs die pad, en hoe jy daarop reageer, sal bepaal hoeveel en hoe jy groei/vorm.  Die eind doel is om die beste weergawe van JOUSELF te word.

Ek het ‘n liefde vir vellies, want vellies is durable en deesdae is vellies ook mooi en mens kry dit in al die kleure van die reënboog. Ek het 2 of 3 gunsteling pare, want sommiges dra net lekkerder as ander.  Om vellies dus in hierdie stuk as ‘n metafoor te gebruik het sin gemaak en ek glo jul sal verstaan. 

Ek dink, met die regte paar skoene, kan mens oor berge en deur dale loop. . . Wanneer die pad vir my klipperig raak, trek ek vellies aan.  Wanneer die swart hond dreig om jou te volg, trek jou hardloopskoene aan.
Vir my, kom gepaste skoene in die vorm van geloof en gebed, ‘n stille alleen tydjie, ‘n innerlike dryfkrag, ‘n dam vol trane en soms ‘n oproep na ‘n vriend/in.  My klip-pad-skoene is geweef uit ‘n bietjie van al hierdie dinge en vasgegom met baie genade. As die skoen jou pas, trek hom aan.

Tussen verjaarsdae deur, kom mens êrens langs die pad, op ‘n punt waar mens besluit dat dit-of-dat nie meer vir jou werk nie, dat jy sekere dinge nie hóéf te doen- of aanvaar nie. Jy stap vinnig weg van iets wat jou vrede steel, blaai die bladsy om en talm nie by ‘n kruispad nie. Jy voel nie meer dis nodig om jouself te verdedig of te verduidelik nie. Om iemand te probeer impress of jouself te bewys, is ook nie meer ‘n ding nie. Jy is nie bang om ongewild te wees nie. Mens sit jou voet makliker neer, omdat jy weet, alhoewel jy nooit ander se opinies heeltemal kan afskryf nie, verander ander se opinies oor jou nie regtig jou lewe nie.

Hoe dit ook al sy, niemand kan die roete vir jou loop nie en jy kan nie in ‘n ander ou se skoene stap nie, nie eens vir een myl nie. Moet nooit jou pad met dié van ‘n ander vergelyk nie, want selfs al gebeur soortgelyke dinge met ons, ervaar ons dit nie dieselfde nie, ons verwerk dit nie dieselfde nie en ons kom nie dieselfde anderkant uit nie.  Wat vir my soos ‘n struikelblok voel is dalk vir iemand anders net ‘n steppingstone en andersom. Ons moet ‘n ingesteldheid aanleer vir mekaar se opdraandes. Eerder ‘n klip vir hul uit die pad rol, of ‘n hand uitreik, as om te maak asof ons weet waardeur iemand gaan. Overall lê die geheim daarin om iets uit moeilike lesse te leer, want dis wanneer ons groei. As iets moeiliks oor jou pad kom en gaan, sonder dat dit ‘n impak maak, was dit all in vain. 

Net die naweek sit ek en gesels met iemand wat die afgelope paar jaar deur kanker, ‘n egskeiding en depressie moes werk.  Eks trots op jou.  Dit het haar verander, ‘n vars uitkyk gegee en ‘n better understanding of herself. En ek besef net weer, niemand groei in ‘n comfort zone nie. Never curse your cricis.  Elke roete, ongeag hoe die oppervlak lyk, het mooi dinge langs die pad. Selfs ‘n koue winter is nie net sleg nie. Trek jou pantoffels aan. Ons moet kies om op die mooi in alles te fokus. 

Dis nooit aanvaarbaar om te sê, ek is so gemaak en so gelaat staan nie, want as mense bly ons maar almal ‘n langtermyn projek.  Deurgangs moet ons onsself wíl verbeter om daai beste weergawe van onsself te word, iets waaraan ons moet/kan werk, ongeag hoe oud jy is.  There is always room for improvement. Kyk nou maar vir my, ek werk al vir jare aan my geduld meter en ek sukkel steeds.  Ek sukkel ook om teleurstellings te verwerk en ek het male sonder tal, die VERTROUE-toets gedruip. Miskien omdat ek graag wil glo, mense se intesies is suiwer, hul woord is hul eer en hulle is lojaal. Vir hierdie rede is my sirkel groot, maar my vriendekring klein.  Ek loop lig. 

Wat ek wel geleer het, is om nie ‘n wrok saam my rond te dra nie, want ‘n wroksak is ‘n swaar ding en die ekstra gewig maak ‘n opdraande pad nog moeiliker.   

Uit my inskrywings op facebook, is dit duidelik dat daar ‘n onmisbare ondeundheid my volg, wat nog altyd deel uitgemaak het van wie ek was, steeds is en seker altyd sal wees.  Ek sien dit as ‘n lifeline. Miskien is dit juis dié eienskap wat my help om nooit ‘n slagoffer mentaliteit aan te neem nie, maak nie saak hoe klipperig my pad al was nie.  En dalk is dit ook die rede dat ek – in my eie kop – nooit oud word nie. 

40 kom vir seker met ‘n nuwe tipe uitkyk, ‘n 20/20 visie. . . Dis amper soos daai gunsteling paar skoene in jou kas, hulle is dalk nie die mooiste nie, hulle is oud, maar jy weier om hulle weg te gooi, want hulle dra so lekkerrrrrr.  

Ongetwyfeld, het die bekende vers in Jeremia 29 ‘n realiteit in my lewe geword. God is genade en planne vir my, was/is soveel groter en beter as wat ek ooit sou kon droom. Nie sonder stampe en stote nie, maar wanneer ek ‘n terugblik kry in my lewe tot nou, oorheers ‘n gevoel van absolute dankbaarheid, bietjie nostalgie en ‘n groot bewys van groei my.

Miskien skryf ‘n wyser Carli, voor haar 50ste verjaarsdag weer so stuk.

Miskien het ek dan al vrede gemaak met die gryshare.

Miskien bereik ek die einde van my roete tussen 40 en 50. . . en is my reis voltooi. 

Hoe dit ook al sy . . . my vertroue in Die EEN wat my lewe in Sy hande hou, is rotsvas. Ek weet ek stap nooit alleen nie en ek pak my vellies in, waar ookal ek gaan. . . maar vir nou, trek ek eers my partytjie skoene aan, want 40 moet gevier word!!!

As jy, soos ek, op die drumpel staan van ‘n nuwe fase in jou lewe;
Mag jy die krag in jouself vind, sodat harde klippe, sag word . . . Mag jy elke nuwe fase van jou lewe omarm en verwelkom. . . Mag jy groei en die beste weergawe van jouself word. Mag jy omring wees met nommerpas vriende en geliefdes om moeilike paaie, makliker te maak.
Mag genade jou volg.
Love it, Hate it . . . But EMBRACE IT !!!

cv

Sonder Vlek of Rimpel

Mens kan ‘n hele boek skryf, maar nes ‘n foto soms nie die diepte en mooi van iets kan vasvat nie, so kan emosie ook nie regtig op ‘n stuk papier of rekenaarskerm verwoord word nie. 

Ekt gewonder; Vertel ‘n mens die storie, deel mens bloot die herinneringe of bring mens hulde? 

Waar begin ‘n mens? 

Hoe pas ‘n mens so ‘n gewigtige storie in ‘n skryfstuk en gee dit ‘n titel? 

Watse titel sal gepas wees? 

My potlood is stomp, maar skryf moet ek skryf, want saam met die skryf begin die knope in my hart en kop los wikkel.  Werk ek deur ‘n rou proses en dis ook hopelik waar genesing begin.  Dit help mos om ‘n sweer oop te maak, die pleister af te trek en die seer kans te gee om ‘n rofie te vorm. 

Ek gaan nie om verskoning vra vir enige iets wat ek hier deel nie.  Dis reguit en eerlik, dis rou en opreg. As jy nie kans sien vir die Dad-en-Skattie-Afskeid nie, druk die kruisie, regs bo op die skerm.  En as jy my tipe mens is, hark jy die boks Kleenex nader, bid jy vir almal wat struggle met die dood van ‘n geliefde en vra jy ook sommer vir die Here om jou hart voor te berei op dit wat ookal nog vir jou op jou pad voorlê.  En hiermee spreek ek niks op niemand uit nie, ek weet maar net dat niemand hartseer kan fnuik nie.  Duisende mense verloor daagliks geliefdes, ek is nie die eerste een nie, ek weet dit.  My storie is nie special nie.  Maar dis MY storie, dis MY Pappa en hy mag nooit vergeet word nie. 

Baie van my vriende ken die storie, ander het bloot die blog gelees wat ek in 2019 oor my pa geskryf het.  Ons het ‘n storie, en soos in almal se boeke, het ons ook maar ‘n hoofstuk wat ons nie graag hardop wil lees nie.  Maar ek kan in alle eerlikheid sê dat vergifnis en liefde die minder goeie dinge kom uitvee het.  Long gone, verby.  Hoe dit ookal sy, die feit dat ons met tye ‘n moeilike paadjie geloop het, is nie nuwe nuus nie, maar ek wil spesifiek praat oor die laaste jaar of so. 

Covid het baie dinge kom opdonner.  Bejaardes in TeHuise het bitter swaargekry.  Hul geliefdes kon nie by hul uitkom nie, en ek dink dit moes baie verwarring en moontlike verwerping veroorsaak het.  Sad ne?  As mens nie ‘n ma of pa, of ouma en oupa in ‘n TeHuis het nie, sou mens seker nie eens daaraan gedink het nie, want dan raak dit jou nie. Wel, dieselfde het met ons en my Pa gebeur.  Kuiertjies moes deur die palisades gebeur, en in ag genome my Pa se kondisie, was dit eintlik meer traumaties, want hy kon dit nie verstaan nie.  2020 het baie tyd by ons kom steel.  Tussen Alzheimers en Covid het ons boek nie eintlik ‘n kans gestaan op ‘n mooi hoofstuk nie.   

Op die 14de Augustus het ek van die een tuisnywerheid na die ander gery om 90 stukkies koek te koop.  Ek het dit vir my Pa se verjaarsdag by die Ouetehuis gaan aflaai.  The man of the hour was eintlik nie bewus van die rede vir die klomp koek nie. Hy het aan die anderkant van die hek gestaan, maskertjie wat so skeef oor sy gesig hang en vir my gewaai.  Ai Pappa. . . as ek maar geweet het, dit was die laaste verjaasdag, dan het ek die flippen hek afgebreek om by jou uit te kom.  Ek het ‘n foto geneem. . . en die afgelope paar dae seker al 80 keer na daardie foto gestaar. 

So kan ek deur die albums op my foon gaan en na al die fototjies van my Pa gaan kyk. Ja, die OCD mens in my sorteer actually die fotos op my foon uit en save dit dan onder ‘n spesifieke folder.  Ek hou daarvan om georganiseerd te wees, om al my eendjies in ‘n ry te hê.  Ek kan met ander woorde, gaan kyk wanneer is ‘n spesifieke foto geneem of vir my gestuur. Die 24ste November is ons ‘n kontak besoek toegelaat.  Ek en Pappa het gelag en gesels, in sirkels gepraat, maar die paar minute was kosbaar.  Die tweede week in Desember het ek weer gaan kuier, net so voor ons weg is met vakansie.  Ekt as Kersgeskenk ‘n boks koekies saamgevat en ‘n boksie met BRUT aftershave en deodorant, die groen een.  Dit was ‘n moeilike dag. Pappa was glad nie spraak saam nie, en ek het vining weer gegroet.  Tot my spyt het ek nie daardie dag ‘n foto geneem nie, maar ek kan goed onthou hoe hy gelyk het en hoe hy vir my gekyk het.  Sy oë het nog geblink.   

‘n Nuwe Covid geval by die Ouetehuis het gesorg vir nog ‘n GEEN BESOEK reël.  Erens in Februarie is my Pa se kamermaat ook positief getoets en Amonique (die maatskaplike werker) het my gebel om te verduidelik dat my Pa in isolasie geplaas is totdat sy uitslae beskikbaar is.  Dit moes baie moeilik vir hom gewees het. 

Ek het baie vir jou gebid, Dad. BAIE!  Ekt die Here gevra om jou vas te hou, seker te maak dat jy nooit alleen voel nie. 

En toe op die 2de Maart bel ek hulle om ‘n besoek te reël.  Amonique sê vir my, dat sy juis van plan was om my te kontak.  Sy vertel my van ‘n paar insidente en vra my om hulle te kom sien. 

8 Maart: Carli, ons kan nie meer na jou Dad omsien nie, sy toestand het aansienlik versleg.  Uit frustrasie raak hy buierig, hy wil nie meer eet nie en hy wil nie meer bad of shower nie. Julle gaan hom moet skuif na ‘n fasiliteit toe wat spesifiek na Alzheimer mensies omsien.  Ek het geweet die dag gaan kom, ek het net nie besef so vinnig nie. 

Daardie dag sien ek hom toe ook weer vir die eerste keer in 3 maande. 

HY LYK ANDERS!!!!!!!!!!!! Sy oë is glaserig en diep in hul kaste gesink, hy skuifel sy voete as hy loop en moes dus ondersteun word om mooi te kan stap, hy het ‘n stoppelbaard . . . en hy het nie meer beheer oor sy blaas nie. Dit is bitter moeilik om my Pa so te sien.  Ek hou sy hand vas, bogger die ‘no touching’ reël.  Ek gee hom ‘n drukkie en hy hou my daai rukkie langer vas, asof hy nie wil los nie.  Hy stel belang in my doen en late. Vra uit oor ‘n paar goed.  ‘Werk jou man nog by die hospital?’  ‘Ja Pappa, hy doen’.  Hy is sag, hy is liefdevol, hy is onskuldig, maar hy kyk na my en in daardie glaserige oë, sien ek ‘n duisend vraagtekens.  Hy is verward. Maar hy is steeds my DAD!!!

EK IS VERPLETTER.  Hoe vertel ‘n mens dit vir jou sussie?

Here, my Pappa was klaar besig om ons te verlaat. Dit besef ek nou.  Noudat ek teruggaan en kyk na die fotos.  Die massiewe verskil tussen 24 November en 8 Maart. . . Ek kan dit eintlik nie glo nie.  Ek blameer die feit dat ek ‘n halwe glas, altyd as half vol sien, hiervoor. Ek het dit gemis, want ek wou positief wees.  Ek was blind vir my Pa se siekte en swakheid. 

Ek sluit my sussie nie met opset uit die verhaal nie, maar ek kan nie vir Renelle praat nie.  Ek wil ook nie. Sy stap haar eie paadjie, en kan haar eie weergawe van al die dinge neerpen, as sy sou wou.  Syt self deur diep water gegaan in die tyd, maar ons het een groot gemene deler tussen ons gehad en dit was die welstand van ons Pa. 

Op ‘n wonderlike manier het die Here al in 2020 my paaie met die eienaars van Blymoedig Kliniek laat kruis.  Ons het mekaar leer ken deur die kospakkie projek.  Blymoedig is ‘n Kliniek wat spesialiseer in die versorging van mensies met Alzheimers en Dementia.  Ek bel vir Miranda en die 9 de Maart gaan sien ek hulle.  Die personeel verduidelik alles so mooi.  Hulle stel my gerus en ons reël om hom die 26ste Maart daar in te check. Hulle wys my rond.  Ons stap deur die tuin en ek sien toe al hoe ek en my Pa by die bankies onder die bome gaan sit en kuier. Ek sou hom meer kon sien, want dis lekker naby.  Ek sou vir Carindi voorberei op die feit dat Oupa haar dalk nie meer ken nie, maar ek sou haar saam vat wanneer ons gaan kuier.  Hy sou haar so geniet het.  Ek sou vir ons draai roomyse gaan koop het.  Ek sou, ek wou, ek het beplan. . . Ek is tevrede want ek weet ek doen die regte ding. My liefste iefste man, verseker my, ons sal die finansiele kostes dra. Ek moenie worry nie.

Die suster by die kliniek sê vir my dis in die pasiente se beste belange dat die familie vir die eerste twee weke, nadat hul daar opgeneem word, nie gaan kuier nie, want dit gee hulle tyd om in te settle.  En vir daardie rede besluit ek en Carel toe dat ons nie ons beplande wegbreek saam met ons 4×4 vriende gaan kanselleer nie, want as ons terugkom is die tyd verby en kan ek dadelik gaan kuier.   

Ek begin deur die magdom dokumentasie werk.  Vul in, voltooi, teken. Gesertifiseerde dit en gestempelde dat.  Maar ek doen dit met liefde, want ek besef dis dalk die laaste skuif.  Intussen, bid ek aanhoudend vir my Pa. . . Here, maak hom asseblief rustig.  Here, verseker hom van U nabyheid en liefde.  Here, hou hom vas. Here, maak asseblief hierdie moeilike paadjie ‘n kort een, want ek wil nie eendag ‘n bedlêende Pappa hê wat voeding deur ‘n buis moet kry nie. Jip, ek het dit vir die Here gevra, omdat ek my Pa verdere vernedering van Alzheimers wou spaar, omdat ek hom die rus gun, omdat dit swaar is om hom so te sien.

Vir 3 weke lank is ek ELKE DAG besig met goedjies van- en goedjies vir my Pa. Ek gaan deur die lys van benodighede, klere, toiletries, medikasie en dinge wat mens alles moet saamstuur.  Renelle bestel vir ons lables met sy naam daarop wat mens aanstryk, en my dierbare Maria ousie stryk die lables op elke stukkie kleding van Oupa vas. Ekt feitlik alles nuut gaan koop.  Ek doen inkopies, ek ry rond tussen Kliniek en Ouetehuis met papierwerk, ek sien hom toe ook sommer ‘n paar keer.  Een van die kere was ook die eerste keer wat hy my nie geken het nie.  Ek het ‘n inskrywing daaroor op my facebook profile gesit (sien dit as foto by die stuk ingesluit) . . . As ek nou daaraan terug dink, was dit ‘n absolute blessing.  Die Here het vir ons tyd gegee. 

DANKIE HERE, vir daai laaste kuiertjies!!!!!

Toevallig is ek eendag tydens etenstyd by die Ouetehuis.  Die kos-vroutjie kom vra my of ek nie by my Pa wil sit en kyk of ek hom kan kry om te eet nie.  Sy sit die bord met ‘n burger, chippies en slaai voor hom neer.  Hy skud sy kop.  Ek bargain met hom.  ‘Pappa, eet asseblief net die chippies’.  En terwyl ek langs hom sit, doen hy dit.  Hy vertel my selfs ‘n staaltjie van ‘n Porra Café uit sy jong jare wat sulke lekker slap tjips gemaak het. 

Die 26ste Maart gaan haal ek en Renelle hom.  Ek het die vorige dag al, sy klere en die ander benodighede by die kliniek gaan aflaai en by die Ouetehuis het ek ‘n nuwe stelletjie klere gaan afgee met die instruksie dat hulle dit vir hom die volgende oggend sal aantrek.  Hy moet darem mooi lyk as hy by die nuwe plek aankom.  En hy het!!! Hy het baie mooi gelyk en hy was rustig. Amonique en Annaliese was albei emosioneel toe hul hom groet.  Hulle het soveel omgegee vir my Pa.  Selfs op sy moeilikste dae, het hulle hom altyd met respek en liefde hanteer.  ‘Die mees polite’ste mens wat ek ken’, dis hoe Annaliese my pa beskryf het. 

‘Is jy Stella?’, vra hy vir Renelle.

Renelle, Renelle . . . my arme sussie!!!! Die agteruitgang het haar onkant gevang.  Ekt dit verwag en ekt haar daarop probeer voorberei. . . maar niks kan mens eintlik op so iets voorberei nie.  Jy moet maar deal met dit wat jou oë inneem.  Die glaserigheid in sy oë het haar vasgevang en ontstel.  My hart het so uitgegaan na haar, op daardie dag.  Syt saam met hom agter in die bakkie gesit.  Heelpad sy hand vasgehou.  Ons het grappies gemaak en hy het saam gelag. Ons het verduidelik dat ons hom na ‘n nuwe tuiste toe vat, ek dink hyt verstaan.  ‘My wêreldjie het so klein geword, dis nie maklik nie’ het my op ‘n stadium gesê.  Mens kon nie anders as om net lief vir hom te wees nie.  ‘n Nuwe tipe sagtheid het in my Pa kom nesskop.  Hy was onskuldig soos ‘n klein kindjie en gestroop van enige materiele dinge.  Niks het tussen hom en God gestaan nie. 

Oppad het ek by Steers uitgespring om 3 draai roomyse te koop.  My Pa was nog altyd lief vir die Here en vir Ice cream.  Daarna het ons vining by die kantoor gestop om die negatiewe Covid toets, wat Carel vir my geprint het, op te laai.  Ons kon hom nie by die Kliniek in check sonder hierdie papier nie.  Carel het buitentoe geloop en by die oop venster het hy my Pa gegroet.  Ekt langs Carel gestaan en my Pa het vir Carel gekyk en toe sy kop na my gedraai;  ‘Skattie, nou wie is die?’  ‘Dis Carel, my man, Pappa’ 

Op die grondpad ‘n entjie voor die Kliniek het ons gestop, ekt sy hand vasgehou en hom gehelp om die maer beentjies te swaai en uit te klim. Ons het ‘n paar fotos geneem. 
Ons laaste fotos.

Op versoek van die personeel by die kliniek het ons nie te lank getalm nie.  Sello, ‘n verpleër het my Pa aan die hand kom vat en met sy ander arm het hy my Pa om sy middel ondersteun en hom daar weggelei na die groot kuier saal toe.  Ons het hul agterna gestaar.  My Pa het in die deur van die groot saal gaan stil staan en sy twee arms in die lug geswaai om almal te groet.  Dit was baie baie baie special.

Ons het omgedraai en gery. . . Dit was die laaste keer !!!

Die daarop volgende week het die Kliniek my gebel en my gevra om vir hom, ‘n Lifegain Shake te gaan koop en ekt dit by hulle gaan aflaai.  Hy wou nie eet nie.  Hyt vir die eerste twee dae aanhoudend gevra, waar is ek. 

Ai, Pappa !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!  Jy was die heeltyd in my gedagtes en gebede. 

Ek het uitgesien daarna om Pappa die 12de April te sien . . . Min het ek geweet, die 12de April 2021, sal vir ewig in my brein gebrandmerk wees as die dag van Pappa se verassing.   

Laat’erig die aand voor ons met vakansie vertrek, epos ek die mense by Blymoedig, net om seker te maak dat hul weet, ek gaan nie hier wees nie.  As daar probleme is en hul kry my nie in die hande nie, moet hulle asseblief vir Renelle bel.  Die volgende oggend 5uur het ons saam met ons 4×4 vriende in die pad geval vir ‘n vakansie tussen die berge in die Oos-Kaap.  Die sein was swak, veral by die lodge waar ons gekamp het.  Die sondag (4 April), toe ons van ons roete afkom, ongeveer 16:00, het ek en paar van die dames in ‘n kringetjie gesit en gesels.  Madelein het my gevra hoe gaan dit met my Pa, en ekt so bietjie van die storie met haar gedeel . . . nie geweet wat toe besig is om in Pretoria te gebeur nie.   

16:42 het Renelle die oproep gekry.  Time of death: 16:35. 

Sy was by vriende in Krugersdorp en hul het dadelik deurgery Kliniek toe. Sello het my pa gehelp om sy pajamies aan te trek, hyt op die bed gesit en moes opstaan sodat hul sy broek kon optrek.  Hyt opgestaan, maar weer net so neergesak en dit was onmiddelik verby. Net so . . . Net so, het die Here hom kom haal. 

God het die strepie getrek en gesê:
NO MORE SUFFERING.
NO MORE PAIN.
NO MORE HUMILIATION AT THE HANDS OF ALZHEIMERS.
Nie een van hierdie dinge sal verder ‘n houvas op jou hê nie.
Op hierdie opstandingsdag, kom haal Ek jou, Willie.
KOM HUISTOE, Ek het ‘n plek vir jou voorberei . . . Kom Hallelujah hier in die hemel !!!

My arme sussie, moes langs sy liggaampie wag vir Avbob om hom te kom haal. 
Jammer Ren, dat ek nie daar was nie!

Maandag oggend, toe ons die kamp verlaat om ‘n nuwe roete te gaan ry, het ek agter die stuurwiel ingeskuif.  Ek moet ook mos ‘n beurt kry.  Soos wat ons ry en selfoon opvangs kry, gaan altwee die fone mal.  Omdat ek bestuur, vat Carel my foon begin daardeur gaan, maar ons verloor weer sein.  Die hele wêreld soek jou, sê hy vir my.  Ons besef daars iets fout.  Ons stop en Carel dring daarop aan dat ek uitklim, sodat hy weer kan bestuur.  Ons radio ons vriende en sê vir hulle dat ons vir ‘n oomblik uit die konvooi gaan onttrek.  Ons gaan omdraai en terugry, tot waar ons opvangs het.  Liewe Susan en Pierre draai saam met ons om. 

Ek sit met bewende hande en kyk na al die whatsapps.
Bel my asb . . . Sussie
Bel asb jou sussie . . . Skoonma
Carli, bel ons asb . . . Ma
As jy die boodskap kry, bel asb jou suster . . . Conrad
Jammer vir jul verlies . . . Tannie Bets
Voice note van Richard: Ek is jammer om te hoor van Pa Willie se dood.

HERE, dit kan nie wees nie??????????????????? 

Ek bel vir Renlle, maar kom nie deur nie.  Ons stop langs die pad en ek bel weer.  Ek kan nie hoor wat sy sê nie, sy huil te veel.  ‘Pappa is weg, my sussie’.  ‘Hy is dood’.  Daar tussen Lady Grey en Barkley Oos, langs die pad, tussen die berge, breek ‘n stuk van my hart, mors af.  My kop sukkel om te process wat my ore sopas gehoor het.  My eendjies hardloop rond, spring op en af, niemand staan in ‘n ry nie. Ek is nog nooit deur so iets nie.  Dit voel unreal.  Carindi huil ontroosbaar, maar haar liewe Tannie San en Oom Pierre hou haar vas.  Ek klim in die kar en Pierre kom staan buite my deur, met sy hand op my arm bid hy. Ons het dadelik die Bushlapa gaan pak en gehak.  ‘n Halfuur later is ons oppad terug Pretoria toe, 800km.  My foon is nie vir ‘n minuut stil nie. Ek laat weet my naaste vriende, en toe almal sien ek is online, kon hul seker aflei dat ek teen daai tyd al die nuus gekry het, en wou hul simpatiseer.  Die pad was uitmergelend lank en toe ons by die huis stop voel dit asof ek 10 sakke uie geskil het.   

Ek, Renelle en Carel besoek Avbob. Ons bespreek die roudiens vir daardie vrydag, presies twee weke nadat ons hom die laaste keer gesien het.  (vandag is dit 3 weke)  Ek gaan gee my Pa se navy suit  baadjie by die Dry cleaners in, want ek wil hom by die roudiens dra.  Ons gaan laai al die goedjies wat ek toe skaars 11 dae terug by die Kliniek gaan aflaai het, weer net so op.  Van die klere nog nie eens gedra nie. Waar gaan mens tog met die goedjies heen?  Ek het vir my en Renelle elkeen ‘n pakkie pajamas uitgehou.  Iets wat ons sal kan gebruik en wat sal pas.  En my Pa se gunsteling hoedjie hang aan die kapstok in ons huis se ingangsportaal. 

Ek vra, ‘n goeie Pastoor vriend van ons gesin, of hy die diens sal lei.  Oom Bles het my Pa persoonlik geken.  Hy het die sterk, gesonde, nederige gesinsman as Willie Hallelujah geken.  Die man wat nooit skaam was vir die evangelie van God nie en die een met die harde stem, wat tydens ‘n diens, kliphard sou HALLELUJAH as hy met iets saamstem.  Nes Pastoor in die diens genoem het, baie mense het seker nie eens geweet wat ons van is nie, want my Pa was WILLIE HALLELUJAH.  Terwyl ek en Renelle saam met Louise van Avbob besig was om die blaadjie te finanliseer, vra ek vir Oom Bles watse skrif hy gaan lees. . .

Jesaja 53:12
Daarom gee Ek hom ‘n ereplek onder die grotes. Hy sal saam met magtiges die oorwinning vier omdat hy hom in die dood oorgegee het en as misdadiger beskou is, omdat hy die sondes van baie op hom geneem het en vir oortreders gebid het.
Ek kon nie ‘n meer gepaste skrif kies nie. My Dad se nederigheid, eenvoud en opregte liefde vir die Here het gesorg dat hy vandag saam met die grotes aan tafel sit en ‘n feesmaal geniet. Sonder vlek of rimpel. Ek glo dit, without a doubt.  

Ons het ‘n mooi, maar eenvoudige kis gekies, want die enigste ding van my Pa wat soms uitspattig was, was die klomp hemde en dasse in sy kas, jare terug.  Ons skryf elkeen ‘n brief vir die blaadjie, ons kies elkeen ‘n foto en ‘n liedjie en my Pa se drie kleinkinders, wat hy natuurlik nie meer geken het nie, skryf ook elkeen vir Oupa iets.   Ons kies oranje en geel blomme, want dit herinner ons aan een van sy hemde.  Deur dit als, voel my Ma soos ‘n outsider, maar op haar manier, ondersteun sy my en Renelle in al ons besluite rondom die diens en hoe ons dit beplan.  18 jaar se geskeide lewe, kan nie die 26 jaar wat hul saam ‘n lewe gedeel het uitvee nie.  Sy het ook seer, en ek besef my Pa se dood moes baie ou herinneringe kom herroep het.  Ons almal weet, my Pa het swaar gedra aan die skuld en spyt oor hul egskeiding. Maar net soos ons, het sy hom ook al jare terug vergewe. 

Ek, Renelle en Carel gaan kyk voor die diens na sy liggaam.  Alhoewel Renelle hom die aand van sy afsterwe gesien het, wou ek graag baai sê en sy wou ook weer groet.  Carel gaan saam om die Pietersen girls regop te hou.  DANKIE, Love.  Op ons versoek het die ondernemers hom sommer in die splinternuwe pakkie pajamas gelos. Die pakkie wat hulle besig was om vir hom aan te trek, toe hy inmekaar gesak het. 
EK is jammer dat ek nie daar was nie, Pappa!  Ek is lief vir jou, Pappa! Ek vat aan sy koue voorkop en draai om. . . Hy is nie meer daar nie, sê Renelle vir my. Ek weet, my sussie, ek weet . . .

As mens vir agt jaar in ‘n Ouetehuis bly, krimp jou wêreldjie, daar is nie meer ‘n vriendekring nie.  Die Pietersens was any way, nooit familie vas nie, en hulle bly almal ver. 9 April hou ons vir ons Pa ‘n roudiens.  Net ‘n handjie vol mense, my en Renelle se vriende wat ons bystaan.  En vir die wat ver is, word daar gestream.   Mooi en sag soos my Pa se lewe die afgelope jaar, maar eenvoudig en met ‘n reguit boodskap.  Geen groot gedoente nie.  Nes Pappa.  By die huis gekom, sit ek die mooi foto van hom en sy drie kleinkinders op die eetkamertafel neer en ek steek twee kerse aan.  Ek weet ook sommer, van nou af sal die kerse elke jaar op die 4de April in ons huis brand. 

Maandag 12 April is my Pa veras en woensdag 14 April, presies 10 dae na sy dood, bel hulle my om die as te gaan haal. So vinnig.  Tyd staan nie stil nie, nie eens vir een blerrie minuut nie.  Ek hoor hoe my Pa vir my sê: ‘Die mense vat nie nonsense nie, jong’.  Louise en haar man wat die Avbob tak besit, is wonderlike mense.  Mense soos hulle maak ‘n moeilike pad, meer draaglik.  Louise het als met soveel deernis, omgee en liefde hanteer. Sy antwoord al my vrae oor verassings en dinge, en toe ek haar groet, gee sy my ‘n stywe druk.  Ek ry werk toe, met die hout kissie langs my op die passasiersitplek. . . Hy is nie meer hier nie, hy is nie meer hier nie, vertel ek myself.  HERE help my om aan hom te dink as Gees, asseblief! Ons is mense en ons dink in human terms, maar met die dood van ‘n geliefde maak dit te seer. . . Mens respekteer die menslike liggaam, want vir amper 77 jaar was dit die omhulsel wat my Pa se Gees gehuisves het, dis hoe ons hom geken het.  En dis normaal, maar in hierdie tyd moet mens jouself die heeltyd herinner, dat ons liggame net tydelik is.  Die realiteit tref ‘n mens wanneer jy, twee weke terug daai einste hand vasgehou het, wat nou as AS, langs jou in ‘n klein hout kissie lê.
Ekt so week of wat terug vir Carindi die konsep van Gees en vlees probeer verduidelik, sy së toe vir my:  ‘So, as ‘n mens se Gees te groot word, dan kan jou lyf hom nie meer binne hou nie’. ‘NETSO, sussie, netso!’ 

Ek en Renelle het einde April, ‘n naweek weg, bespreek.  Daar in die natuur, sal ons Pa se as gaan strooi, lag en huil, memories deel en afsluiting vind.

My Pa se dood kom leer my ‘n paar goed. . . goed wat ek dalk al baie gehoor het, maar wat nou vir my ‘n harde werklikheid geword het:
More is nie belowe nie. 
Ons maak planne vir later, maar later gaan dalk nie kom nie.
Maak reg wat verkeerd is.
Aardse dinge dra nie ewigheidswaarde nie. Dit vergemaklik dalk ons lewens, maar jy kan niks saam met jou vat nie.
Hierdie wêreld is net tydelik.
Wees seker van dit wat jy in gebed vir God vra. My kort en God se kort is nie dieselfde nie.


Al was ek nie reg om te groet nie, was my Pa reg om te gaan.  Hy is eintlik al die afgelope 3 maande, oppad. . . sy liggaampie kon nie meer sy Groot Gees binne hou nie.  Mag ek Pa se memory laat voort leef, deur ‘n lewe te lei, wat Pa se goedkeuring sal wegdra. 


DANKIES

Dankie Here, dat Willie Hallelujah MY Pappa was.  Dankie vir U groot genade, dankie dat ek troos by U kan vind. 
Dankie Renelle, dat ons saam die paadjie kan loop.  Ook wanneer ons saam weggaan om Dad se as te gaan strooi.  Dit help om te weet, mens gaan nie alleen hierdeur nie. 
Dankie Mamma, dat jy vir die beste jare van sy lewe, daar was vir hom. Dankie dat jy hom liefgehad het en jammer oor die seer. . .
Dankie Louise en Willie van Avbob, julle was die klontjie suiker in ‘n bitter koppie koffie.
Dankie aan al die personeel by Blymoedig, wat so mooi na my Pa gekyk het in die 9 dae wat hy by julle gebly het.
Dankie Amonique en Annaliese van Silversig, vir als wat julle vir hom gedoen en beteken het. Ek sal dit nooit vergeet nie.
Dankie Oom Bles dat Oom die diens vir ons gelei het, Dankie ook vir die belangstelling in my Pa se lewe.
Dankie Carel, jy is my SOLID GROUND, en ek is lief vir jou, baie baie.
Dankie aan elke vriend en vriendin, wat daar is vir my en Renelle.
Dankie aan elkeen wat tot hier gelees het, en die hartseer met my deel.

Dankie Pappa, dat jy van daar bo af vir my knipoog. 

Ek hoor hoe jy vir my sê: Dis okay, Skattie. Mis my, maar laat my gaan. . .

. . . Love you, always. Tot ons mekaar weer sien . . .

Shoulders – Song van King and Country

‘n Blou Kruis

Dood is iets waaroor mense nie graag wil praat nie. Mense is bang vir die dood, party mense se grootste vrees is om iemand na aan hulle, te verloor. Ek verstaan dit. Ek wil ook nie graag iemand vir wie ek lief is, verloor nie.   En juis omdat die angel van die dood so skerp is en soveel letsels laat, het ek ‘n besluit geneem om dood as deel van hierdie lewe te aanvaar en dit so in te sien.  Ek probeer dit ook so oordra aan ons 6 jarige dogtertjie.  

Ons praat gereeld oor die dood. Ek wys vir haar die kruisies wat oorals langs die paaie geplant is, en verduidelik dan dat iemand hierso dood is. Van die kruisies ken ek, en dan vertel ek sommer vir haar die hele storie. So, het twee kruise langs die Moloto pad al vir haar ‘n landmerk geword. Sy weet Rochelle is daar dood, nadat ‘n bus in hulle vasgery het.  Maar ons raak nie meer hartseer daaroor nie, want eintlik is Rochelle ‘n ‘lucky girl’, sy bly nou mos by Liewe Jesus.  

Bietjie meer as ‘n maand terug, het ek en sy self ‘n kruis gaan opsit. ‘n Bloue vir Oom Chris.  Hierdie was close to home, letterlik en figuurlik.

3 en ‘n half jaar terug het ons plot toe trek, het hulle toe reeds daar gebly, want hulle het al by die vorige eienaars gehuur.  Carindi was maar 2 en ‘n half jaar oud. Haar vroegste herinneringe, sluit hulle in.  Chris en sy twee kinders.  ‘n Enkel pappa.  Dis nogal ‘n kruis om te dra.  Hy was ‘n growwe diamant, maar tog ‘n man met moral fiber. Met die min wat hy gehad het, was hy die beste este pa wat hy kon wees vir sy twee kinders. 

Ethan was 6 en Roxanne was 9 toe hulle deel geword het van ons lewens. Soos ‘n boetie en sussie vir Carindi.  En van tyd tot tyd, ook kinders in ons huis.  Om ‘n erf met iemand te deel, en steeds mekaar se privaatheid te respekteer, is nie altyd maklik nie.  Ek moes grense in plek stel, veral as speeltyd te lank raak en hulle beurte begin maak om stories aan te kom dra. 

Soms was ek dalk te streng, besef ek nou.  Noudat die erf so stil is en ek die gelag mis. 

Roxanne en Ethan het by twee geleenthede vir hulle ma in Witbank gaan kuier, maar sover ek weet, was sy nie verder veel betrokke nie.  Chris het my eendag vertel dat hy hul alleen grootmaak, vandat Ethan 9 maande oud was.  What a job?  Hence die morbal fiber wat ek in hom raakgesien het.  It takes a man on a horse, sê ek jou.  Hy het nog ‘n dogter, Chrizelle.  Sy is 17 en bly by haar ma en stiefpa.  Oulike meisie. Sy het so 2 of 3 keer vir haar pa kom kuier.  Ek het nooit gevra nie, maar ek dink nie Chris was met haar ma getroud nie.
Verder het ons nooit ander familie ontmoet nie. En ons het nie uitgevra nie, dis mos nie ons business nie.

Eendag vra Chris my om die kinders skooltoe te vat. Sy kar wil nie start nie.  Ek help hulle om die swaar tasse in en uit te laai.  Ek sien Ethan se tas is vodde.  Daar en dan besluit ek om vir hom ‘n nuwe tas te koop.  Ek hou die kinders dop. Kom agter dat daar nie ‘n groot verskeidenheid van klere is nie.  Ek gaan koop nou en dan iets, of soms bedel ek sommer by mense in die gemeenskap iets vir ‘n 10 jarige seuntjie en ‘n 12 jarige meisie.  Min mense het geweet dis vir iemand op my eie erf.  Wanneer ek en Carel vermoed daars nie kos nie, dan maak ons ‘n pakkie op.  Wanneer Chris nie al sy huur kon betaal nie, kom sit hy by Carel op die stoep, en maak sy hart oop . . .

Wanneer ons bou en breek, sement gooi, of pale plant dan is hy daar om ‘n hand by te sit. Hy wou graag help, soms tot groot frustrusie vir Carel, want dan word daar baie nonsens gepraat en neem die werk langer. Hy was goed daarmee om goed te fix, want hy het altyd ‘n plan gehad en hy het geweet van raap en skraap.  Met Carindi se laaste verjaarsdag het hy en Ethan vir haar die mooiste geskenke gemaak. Self gemaak, met die hand, uit skroewe en kabels en goeters wat hul aanmekaar gesweiss het. Ons besef dis omdat daar nie ‘n geldjie was om ‘n geskenk te kon koop nie, maar dit maak nie saak nie. Dit het ‘n spesiale staanplek in haar kamer gekry en ons spog gereeld daarmee.  Veral nou.

Sy verhouding met Redson, was iets besonders.  Redson en Geo is twee broers van Malawi wat vir ons werk.  Ons het vir Redson ook saam met die plot geerf.  Geo het later gekom.  Hulle 2 kom al ‘n langpad.  Party aande wanneer ek in die kombuis gestaan en kosmaak het, kon ek deur die venster sien hoe loop Chris met ‘n butternut of koolkop onder die arm na Redson toe.  Ek vermoed Redson het ook al in die verlede vir hom iets aangedra, soos spinasie of meel dalk.  Toe my skoonma’le op die plot kom bly, was hulle bure. Chris het van my skoonma en skoonpa gepraat as ouma en oupa.  Die kinders het gereeld ‘ouma’ se arm gedraai vir cupcakes of ‘n potjie RummiKub. 

Vir ‘n wyle het Chris ‘n meisie gehad. Roxanne en Ethan het baie van haar gehou. Ethan het haar selfs mamma genoem.  Sy was ‘n paar maande hier, en toe is sy ook weer weg.  Ek het geweet die kinders smag na ‘n mamma, maar ek weet nie eintlik hoe om vir iemand anders se kinders ‘n ma te wees nie.  Ek glo ook darem nie dat iemand meer van my verwag het, as wat ek gegee het nie.  ‘Carli, kan ek maar vir Roxy na jou toe stuur?  Dit gaan oor vrouegoed’ het hy eenkeer vir my gewhatsapp. My eie dogtertjie is nog ver van daar af, maar ek het ‘n test run gehad toe ek vir Roxanne moes doekies uitdeel en ‘n bietjie moes gesels.  

Wanneer my suster met haar kinders kom kuier het, was die erf baie bedrywig.  Renelle se seuntjie, Reuben, en Ethan is eintlik ‘n tweeling het ons later besef.  Selle dag en selle jaar.  (Die dat ek daardie dag sy geboorte datum so vinnig vir die ambulans ouens kon gee.)  Hulle was sulke lekker tjommies.  In lockdown het my skoonsus haar twee seuns ook vir ‘n rukkie gebring om by ouma en oupa te kom kuier, en dan was dit ook ‘n groot gejollery.  Ek sal in die studeerkamer sit en werk, en dan moet ek met tye skree ‘Sagter julle’ Stadiger julle’ ‘Moenie so hoog in die boom klim nie’ ‘Pasop’ 

Nou is dit so stil. 

Om en by 11uur die oggend, op die 12de Julie, kom daar ‘n call op ons handradio deur;  Daar was ‘n ongeluk op Tambotie.  Dis ernstig.  Die bakkie lê op sy dak en iemand sit vas.  Ons bly in Tambotie.  Carel spring in sy bakkie en ry.  Ek maak nog my skoene vas en stuur vir Carindi na ouma’le toe, voordat ek ook in my kar klim en ry. 

Close to home.  Seker 800m. Min het ons geweet wie ons daar sou kry. 

Dit is so, ons was van die eerstes op toneel.  Ek, ‘n kort kop na Carel.  Toe ek daar kom, lê Carel plat op die grond, met sy arms by die onderste bo bakkie se venster ingedruk.  Hy voel vir ‘n pols.  NIKS. Deur die warboel van dinge het my man nie dadelik gesnap dat dit Chris is wie se hand hy nou net vasgevat het nie.  Totdat hy vir Ethan op die grond sien lê.  Hy het uitgeval of uitgeklim, who knows. . . Hy het baie seer. 

‘Tannie Carli’ ‘Tannie Carli’  

‘Ja boeta, ek is hier, moenie worry nie, hoor’ 

Ai Here . . .

Vandag, is hierdie ons business, het ek besef. Of ons nou kans sien of nie.

Ons bel my ma en pa met die nuus, vra vir hulle om te gaan kyk of Roxanne by die huis is.  Hulle moet haar asseblief gaan haal en by hulle hou, totdat ek daar kom.  Riana en Waldu moet ‘n kuiertjie by haar ouers kort knip om die ambulans by die hospitaal te gaan inwag.  Ons wil nie hê Ethan moet alleen wees nie.  

Carel spandeer lang ure op toneel.  Haal die sakkies met kruideniers wat Chris en Ethan gaan koop het, uit die kar.  ‘n Opgefrommelde boks Kellogs, boksie melk, voëltjie kos, bierbekertjie-mosterd, chocolates en chippies. Hy wag dat forensies fotos kom neem en RGL die liggaam kom haal.  Al was dit nie maklik nie, dit was die laaste ding wat hy vir Chris kon doen. 

Ek en ‘n dierbare vriendin, wat saam met my berading doen, ry huistoe om die nuus aan Roxanne oor te dra. Pleks dit maar weer doekies was wat ek moes uitdeel.  Dis erg om vir ‘n dogtertjie van 12 te vertel haar pappa is dood! Ek, Roxanne en Cecile huil! 

Sy gee vir my ‘n string name met nommers om te bel.  Mense wat ek nie ken nie.  Onder andere Oom Christo, Chris se pa. En Sunette, die kinders se ma. 

. . .

Oppad hospitaal toe, bid ek my bewerigheid weg, bid ek vir ‘n gelyk pad, bid ek vir vrede en rustigheid. 

Waldu-hulle kry my daar, hulle het by Ethan gebly totdat ek daar kom. Petrus ons GPF Voorsitter bring vir my sy selfoon se powerbank, want my foon is pap en die aand kan dalk lank raak.   

‘n Baie oulike Suster, kry opdrag om by te staan, terwyl ek met Ethan praat. Hy het dit seker verwag. Hy knyp sy oë styffff toe en sonder om ‘n geluid te maak, rol die trane teen die kante van sy vuil gesiggie af.  Sy klere is vol stof en stukkend gesny, soos wat die peramedics by die besering aan sy been moes uitkom en drip moes insit.  Sy beentjie is beseer, ‘n gaatjie aan weerskante, asof iets sy been gepenetreer het.  Verder het hy ‘n groot sny op sy voorkop en . . . sy hart is stukkend.

Chris se oudste dogter kom onverwags daar aan.  Haar ouers het met haar deurgery om te kom kyk of Ethan en Roxanne okay is. Sy word vir ‘n rukkie by hom toegelaat.  Die trane loop. 


Ek sit by hom, hou sy vuil handjie vas, terwyl ons vir sy oupa-hulle wag.  Ek vra hom uit oor die ongeluk.  Hy vertel vir my dat sy pappa ‘n epileptiese aanval gekry het, toe hulle van die winkel af, oppad was huistoe.  Dat hy met die onwillekeurige trekkings die petrolpedaal plat getrap het en met ‘n hoë spoed teen die grondwal langs die pad opgery het. Die bakkie het ‘n boom getref en toe op sy dak geland.  ‘Tannie Carli, ek het geweet ons gaan crash’, vertel hy.

Toe Oom Christo en van die ander familie daar opdaag, staan ek terug. Hul sorteer dinge by die hospitaal uit en reël om hom saam met hulle huistoe te vat.  Ek stoot hom in ‘n rolstoel na sy oom se kar toe, voordat ek groet.


Daardie aand het my en hom met ‘n onsigbare band aan mekaar kom vasmaak. 

Toe ek, net voor 10, die aand by die huis kom het Carindi al geslaap.  Ek wou so graag met haar gesels.  Hoe ervaar sy die dinge? Wat gaan deur haar koppie?  Haar emosionele welstand is vir my bitter belangrik.  Die volgende oggend het ek ‘n punt daarvan gemaak om met haar te praat.  Ons het gepraat oor die hemel en oor kruise langs die pad, oor mense wat nie noodwendig altyd deel van jou lewe sal wees nie. 

In die week wat volg het Carel en myself aangebied om te help waar ons kan.  Daagliks kontak gemaak om te hoor hoe dit met die kinders gaan.  Carel het vir Redson gekontak, wat toe in Malawi was met sy jaarlikse verlof.  Hy was ongelooflik hartseer en onsteld. Hy vertel vir Carel dat Chris, die dag voordat hy vertrek het, vir hom ‘n paar skoene gegee het. Hoe Chris vir hom gesê het; ‘My brother, this is for you, to remember me’.  Tussen my en Carindi besluit ons om ‘n kruis te gaan opsit, ook vir onthou.  Waldu maak die kruis en ek en sussie spray paint hom blou.  Ons reël met die mense op wie se ‘sypaadjie’ die ongeluk gebeur het, om daar ‘n draai te gaan maak.  Ek vat vir Geo saam met ons.  Hy tel die laaste glas stukkies en skrapnel op wat nog rond lê, terwyl ek en Carindi die kruis teen een van die groot bome vassit.  ‘Ons ry mos elke dag hier verby, mamma.  Nou sal ons onthou’.

Ek het alleen Boksburg toe gery vir die roudiens, my man moes ‘n belangrike vergadering bywoon. Ek vat vir Ethan en Roxanne ‘n boks met paar goedjies in, saam.  Onder andere die chocolates wat Ethan en sy pa tydens hul laaste inkopies saam gekoop het, Chris se zippo, horlosie, bril en ‘n silwer ketting wat Carel van sy nek afgehaal het, voordat hul sy liggaam verwyder het.  Covid het baie dinge kom opdonner, ook begrafnisse en rou dienste. Daar was bitter min mense, net ‘n ou handjie vol.  Sunette, die kinders se ma is nie daar nie.  Die 2 kinders sit alleen voor in die kerk, op hulle eie bankie. Die res van die familie sit in die rye agter hulle. Ek vra nie vrae nie, want dis nie my business nie.  Toe die liedjie Houtkruis van Prophet deur die klank sisteem speel, begin Ethan huil.  Niemand om hom te comfort nie. Ek verstaan nie hoekom iemand die nood nie raaksien en die hartseer oomblik onderskep nie.  Net voordat ek wou opstaan om by hulle te gaan sit, staan Chrizelle, die oudste (half)sussie op en gaan haal hulle om by haar en haar ouers te sit.  Sy dra ‘n huilende Ethan soos ‘n baba. 

Dankie Here, dink ek.  

Halfpad deur die diens staan Ethan op, seker om badkamer toe te gaan.  Oppad terug draai hy by my rytjie in en kom sit styf langs my.  Ek hou hom vas, ek soen hom op sy kop.  Hy hou sy pappa se silwer kettinkie in sy hand vas. My hart breek in ‘n duisend stukke. 

Die dag na die diens, kom die familie met die kinders op die plot aan, om die huis te ontruim.  Ek werk maar van die huis af die dag, vir in case iemand my nodig het.  Nou en dan gaan hoor ek of hul nog regkom.  Ek staan op die kantlyn, want ek ken mos nie die mense nie. Ek herken skaars die twee wit-om-die-kiewe, verwarde kinders wat verby my beweeg. Al wat ek hoor is: ‘Wil julle dit nog hê? Ja of nee?’  ‘Okay, dan gooi ons dit weg’. Ek byt op my tande, draai om en loop.  Dit wat hul gehad het, was nie hul beste nie, dit was hul enigste. Ek besef die goedjies is afgeleef en oud en baie daarvan seker maar hand-me-downs, MAAR dis waarmee hierdie twee kinders geleef het.  Dit was hulle beddens en hulle lakens en hulle couches en die gechipte koffie bekers was dit waaruit hulle elke dag gedrink het.  Dit wat ander mense, sonder skroom, junk noem, was hierdie kinders se lewe.  Iets het daardie dag in my oorgekook, en toe vasgebrand.   

Ethan se fiets bly agter, want daars nie plek vir hom nie.  Die fiets waarop hy elke dag so lekker gery het.  Die tweedehandse fiets wat Chris met afknyp geld vir hom gekoop het.  Die kat en voëltjies moet ook bly.   

Toe ek sien hul opruim-operasie staan einde se kant toe, noem ek aan hulle dat ek gou vir Carindi by die skool wil gaan haal sodat sy haar maatjies kan groet.  Oppad terug huistoe kry ons hul, net betyds, op die grondpad. Ek gooi ligte en gaan stop my kar feitlik voor hulle. Soos twee puppets bly die kinders agter in die kar sit. Roxanne met haar geliefde Nuschka hondjie op haar skoot. Ek kan aflei die ‘oom’ en ‘tannie’ is haastig. Carindi klim uit, loop om die kar en gee hul elkeen ‘n drukkie. Vir die eerste keer na Chris se dood is dit asof die dinge Carindi wil oorweldig. Ons staan skaars 50m van die toneel af waar die ongeluk gebeur het, waar die blou kruis teen die boom vasgespyker is.  Wat ek nie sou gee om net vir ‘n paar minute daar saam met hulle te gaan staan nie.  Om dalk te bid, of net iets. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Carindi se emosionele welstand is vir my belangrik, maar nie net hare nie. Maar is dit my plek? 

Ek het nie uit woorde gehardloop nie.  Daar gaan ‘n duisend dinge deur my kop. Is hierdie my business?  Ek weet nie.  Vir mense wat my ken as iemand wat nie bang is om haar mind te speak nie . . . hier is dit nou, die bewys, dat ek wel soms net niks wil of kan sê nie.  Met tye wil die worry my so oorweldig, is dit asof ek ‘n kruis dra.  Een met twee kinder name daarop.

Ons het intussen gehoor dat Roxanne en Ethan nou by hul ma en haar man in Witbank bly.  Hulle het ook ‘n baba sussie van 2 jaartjies. Ek het gister die moed bymekaar geskraap en vir Sunettte gebel. Sy gesels maklik.  Ek kan aflei dat dit vir haar en vir hulle ‘n aanpassing is.  Hulle leer mekaar nou eers regtig ken.  Maar sy sê dit gaan goed.  Dit laat my beter voel.  Nou en dan wanneer die kinders data op hul fone het, dan whatsapp hulle self vir my of vir Carel om hello te sê.  Ons het belowe om hulle nou en dan vir ‘n naweek te gaan haal en dis ‘n belofte wat ons nie wil breek nie.  Sodra die familie instem en ‘n datum kan vasmaak, gaan ons hulle haal. Ek wil hul so graag help om closure te kry.  Dalk saam met hulle êrens op die plot ‘n boom plant. 

Chris se dood en alles rondom die kinders het ‘n knoop in my kop kom los wikkel.  ‘n Defnitiewe kruis kom trek deur ‘n paar dinge waaroor ek al baie gewonder het.  Die skerp angel van die dood word net sagter en ronder, as dit reg hanteer, benader en verwerk word.  Dis ons werk as grootmense om ‘n traumatiese gebeurtenis in kinders se lewens te onderskep en hul te help om daardeur te werk. 

Moet nooit die impak wat jy in iemand se lewe kan maak, onderskat nie. Moenie hierdie lewe verlaat sonder om spore te los nie. 

Vir 3 en ‘n half jaar, kon ons deel wees van Ethan, Roxanne en Chris se lewens. . . het ons stories stukkies van mekaar daarin. 

Sag rus, Chris Neveling.


NASKRIF:

Ek skryf vir MY, dis MY terapie. 

Hierdie stuk is nie bedoel om skade te doen of om te oordeel nie.  Dit is hulle storie, maar dis ook deel van ons gesin se storie. Ek het geen kwade gevoelens nie, want dis nie my business nie.  Ek lê die kruis voor Hom neer en vertrou dat dit met Ethan en Roxanne sal goedgaan.  Ek bid vir elke familielid wat tans in hul lewens betrokke is, vir liefde, empatie, insig en wysheid.

5 broodjies + 2 vissies = Genade

Dag 30 van lockdown. . . Glo dit of nie, ek het uiteindelik die tyd om rustig te sit en oor hierdie afgelope tyd se dinge te ‘praat’.  Ekt maar ‘n koppie tee gemaak vir versterking.  My ma sê altyd, tee is haar petrol en sonder tee het sy nie krag nie. 

Miskien is hierdie koppietjie nie sterk genoeg nie, maar eks bly daars tee in die kas en suiker en melk en krag om water te kook en ‘n computer, met internet nogal, om op te tik. 

Ek sit in die studeerkamer en hoor vir Carel en Carindi in die kamer gesels.  Hy lees vir haar ‘n bybelstorie.  Music to my ears.  Sy raak ook nou gewoond aan laat gaan slaap en later opstaan.  Net nou die dag het iemand vir my gesê, ‘Ja nee, ons almal se slaappatrone is in hulle glory in’.  Ek dink toe; As dit maar al was wat verander het . . . maar hierdie ding, het die hele wêreld kom verander. 

Goed of sleg?

Nodig of onnodig?

Per ongeluk of aspris?

Vlermuis of laboratorium?

Wat maak dit tog saak?

It is what it is.

Nie een van ons het beheer hieroor nie.  En dis mos maar moeilik vir mense om nie in beheer te wees nie.

Vir party is dit erger as vir ander. Vir my het die idee van lockdown glad nie so bad geklink nie, behalwe nou vir wasgoed was en huis skoonmaak. Verder was ek op ‘n manier, selfs opgewonde, om soveel tyd by die huis- en saam met my gesin te spandeer.  Gelukkig hou ek van, by die huis wees. Ek het uitgesien daarna om saam met Carindi somme te doen en die ABC te skryf, om kwaliteit tyd saam met Carel te spandeer (my man wat soms vir weke lank weg van die huis af is, met werk), kaste reg te pak, iets kreatiefs aan te pak, laat te slaap, te lees, te kuier saam met Waldu en Riana, tee te drink saam met my skoonma en so uur of twee ‘n dag voor die rekenaar te sit en te werk, as ek kan, en as dit nodig is. 

Dis asof ons gedwing is om rustig te raak, te regroup. 

Ek het daagliks die Covid 19 syfers op die internet dopgehou, vir die grappe gelag en al die videos en berigte gelees wat my whatsapp so laat gons het.  Die ding het kom nesmaak in ons almal se koppe en huise.  As jy opstaan met ‘n keelseer, het jy gewonder of jy siek is. Die virus en sy gevolge was alomteenwoordig.

My hart het gebloei vir Italie, wat op daardie stadium die hardste geslaan is. Ek het die mense wat al vir so lank in lockdown was, uit my hart uit, jammer gekry. Baie van hulle in klein ou woonstelletjies. Ek kon myself nog nooit picture op die 3de of 12de vloer van ‘n woonstelblok nie.  ‘Kan jy imagine?’, het ek ‘n paar keer vir Carel gevra, terwyl ons op die stoep na ons groot tuin sit en kyk, sonder om ‘n antwoord te verwag.  Ek is so dankbaar vir die spasie om ons, genoeg om te kan stap en speel en waar die kinders kan fietsry en klimraam klim. 

Dit was hemels, rustig en gesellig . . .

‘n Dag of 2 later, ontvang ek ‘n oproep van ‘n dame, sy wil weet of ek asseblief met haar skoonsussie in verbinding kan tree.  Haar swaer het sy pistool gevat en homself toegesluit in sy werkskamer, hy dreig om sy eie lewe te neem. Hy is die eienaar van ‘n besigheid en hy vrees dat hy die deure gaan moet sluit.  Wat moet ons doen?, vra sy vir my.  Wat kan ek anders doen, as om vir haar oor die foon te bid, terwyl ons God vertrou dat die skoot nie sal afgaan nie.  Ek bel een van my reservis vriende in die polisie om te hoor of daar iets anders is wat ons kan doen.  Hy sê vir my dat ek myself moet regmaak vir meer sulke oproepe.  Dankie Vader dat U die storm stil kom maak het en dat hierdie pappa, man en werkgewer vandag nog by sy familie is.  Die bewerasies wou my vir ure daarna steeds nie los nie.   

The penny dropped . . . ek het besef, hierdie leeglêery, niks inkomste, virus pandemie, maak verskillende vrese en kommer by verskillende mense wakker.

Waarom mense so baie toiletpapier gekoop het, kon ek nie verstaan nie.  Ek was nie op ‘n paniekerige-inkopie-uitstappie nie.  Sad to say, pleks het ek maar meer Bernini’s en wyn gekoop. 

3 April, kry ek die eerste boodskap; ‘n Gesin wat my kontak en vra vir hulp.  Hul koskas is leeg. Ek het hul al in die verlede gehelp met ‘n paar goedjies.  Hul ken my deur die Trauma Sentrum hier in ons area.  Ek krap in ons spens en stuur sommer so gelyktydig ‘n whatsapp op ons woonbuurtgroepe. . . Kan iemand asseblief help?  Daars ‘n gesin in nood.  Die volgende paar dae hou my foon nie op lui nie.  Mense kom laai goed af en mense bel my om vir my van ander te vertel wat ook in die knyp is. 

Die nood is groot. 

Ek voel oorweldig. 

Ek worry. 

Ek bid. 
Here, hoe gaan ons dit als kan hanteer? 

Ek gesels met ‘n vriendin, ons bespreek die dinge en ons deel dieselfde kommer.  Saam-saam besluit ons om onsself beskikbaar te stel as middelmanne.  Ons neem die eerste stappie in blinde geloof.  Ons bel 3 ander vriendinne en hulle spring pens-en-pootjies saam met ons op die kospakkie bus.  Ons maak seker die gemeenskap weet waarmee ons besig is, en hoe ons hierdie bus gaan bestuur, ons maak immers staat op hulle goeie harte en oop hande.  Ons fone begin lui, party wil gee, ander wil net hoor of ons weet van die of daai gesin wat swaarkry. 

8 April, bel Dianne Broodryk van Jacaranda Radio Stasie my, hulle het gehoor van ons gemeenskapsprojek en wil ons bless met R 10 000.00.  Ek moet dit eers stilhou, want Martin Bester gaan my die volgende oggend tussen 10 en 11 bel en ons gesprek sal dan opgeneem word.  Ek moet surprise klink.  Ek loop op en af in die huis, soos ‘n hond wat lê-plek soek . . . Bogger dit, ek bel my twee hartsvriendinne en vertel hulle. 
Die volgende oggend staan ek vroeg op, make up en elke ding, ek druk my foon in my bra; Hierie oproep mag ek nie mis nie.  Vir hulle is dit nie ‘n groot ding nie, maar vir my is dit enorm, want net die aand voor dit het ek in my bybel-dag-stukkie-boek gelees: God spent years demonstrating submission, before He demonstrated miracles. Ons moes die eerste stap neem, en blindelings glo dat dit ‘n sukses sal wees en hierdie groot skenking was vir my die bewys dat God saam met ons in die ding is.    

Nou kyk, ek weet mense gooi dikwels ‘n geestelike sousie oor iets om aandag te trek of meer publisiteit te kry, en soms word bybelversies selfs gebruik om mense te manipuleer. . . sulke goed steek my ook dwars in die krop. . .  Maar laat ek julle nou vertel, ekt nie ‘n geestelike sousie nodig om die storie fancy of dramaties te laat klink nie. Ons dien die enigste lewende God, it is what it is.  As ek versuim om hierdie met julle te deel, probeer ek shine steel, wat my nie toekom nie.  All the glory to the KING.  Ons kan voorwaar getuig van 5 broodjies en 2 vissies. 

5 broodjies en 2 vissies is in die vorm van 500 Blue Ribbon brode by my huis afgelaai, dit was ‘n vriendin wat aangebied het om vir ons gesinne sop te kook, dit was 5 bakkie vragte vol kruideniers en groente, dis elke rand en elke sent wat gebruik word, om kos te koop.  Saam met hierdie pakkie vol basiese items, laai ons nie net iets af om mense se mae vol te maak nie, ons verpersoonlik iets vir hulle; Hoop, ‘n antwoord op gebed, goedheid en vertroue.   

Ons gesinne het binne 3 weke gegroei vanaf 30 na oor die 80 gesinne en ons trek nou by 100.  419 mense, waaronder 137 kindertjies.  5 brode en 2 vissies het meer geword, wanneer ons begin worry oor waar ons die kruideniers gaan kry om die volgende week se pakke op te maak, maar dan kom laai ‘n samaritaan iets af, of betaal ‘n geldjie in . . . en ons gaan deel weer uit. 

Ek kry nie meer tyd om die statistieke dop te hou nie, ek worry ook nie meer oor al die kontroversie rondom die virus nie.  Corona shirouma. . . Ons het groter dinge om mee te deal.

Planne van ‘n rustige tyd saam met my gesin, is holder-ste-bolder deurmekaar en onderstebo.  In die aand wanneer ek vir Carindi night sê, voel ek skuldig omdat ek nie vandag saam met haar die ABC-, of somme kon doen nie.  Ek besef soms dat ek nie eens vir haar middagete gemaak het nie. Sy moes seker maar by ouma gaan aanklop het vir iets om te eet.  Ek moet tyd afknyp om saam met Riana ‘n verf projekkie in te pas.  Wanneer ek by die waskamer inloop, vermy ek die bondel gefrommelde klere wat in die hoek lê en wag vir ‘n strykyster.  Ek mis vir Maria. 

Laat in die aand probeer ek opvang met boodskappe, tot my oë wil toeval en dan gaan slaap ek.  Ek droom van honderde en duisende vuil handjies wat na my uitstrek, van trollies vol toiletpapier, van toppers mince en bullybeef.  Ek voel so skuldig omdat ek nie weet hoe soya mince proe nie, dat ek tot een aand vir ons ‘n pakkie gaarmaak.  

Ek is moeg, tog voel ek so . . . fulfilled. 

Dit is moeilik om in iemand se oë te kyk wat met soveel moedeloosheid na jou terug staar.  Ek gaan laai nou die dag vir die eerste keer by ‘n nuwe gesin af. Toe ek daar stop besef ek dat hulle vir my moes gestaan en wag het.  ‘n Vrou in haar laat veertigs en haar seun, die man is weg om êrens ‘n los werkie te gaan doen.  Sy begin huil toe sy vir my vertel dat hul al 9 maande sonder krag is.  Ek hou my pose, maar oppad terug huistoe sukkel ek om van die knop in my keel ontslae te raak.  Dit vang ‘n mens.  Dis ook nie lekker om te hoor van ‘n gesin wat 2 dae laas geëet het, en toe maar by hul bure gaan tee drink het, net om ietsie in hul mae te kry nie.  Die aand by die huis, het ek geen eetlus nie. 

Aan die begin wou ek vies raak vir mense wat panic buying gaan doen het . . .  so asof die een dan nou verantwoordelik is, vir die ander een se swaarkry.  Kan ons regtig van die ou met die oorvol trollie verwag om sy hele buurt van swaarkry te probeer red?  Ek herinner myself daaraan;  You cannot fill from an empty cup.  Probeer net ‘n verskil maak, daar waar jy beweeg en weet; Alles wat jy het, is net genade. 

Die samehorigheid tussen ons dames, laat my hart warm klop.  Hoe wonderlik is dit nie om so ‘n band met iemand te deel nie?  Soms lag ons saam, en ons huil.  Ons is mense mense. Van ons is kwaai en kan maklik nee sê, ander is sag en dan is die kwaaies bang dat mense die sagtes se goedheid gaan uitbyt. Ons pas by mekaar aan.  Ons is ‘n span. Eendag sal ons kan terugkyk na hierdie tyd, seker met baie gemende gevoelens, maar ook met mooi herinneringe van groot genade.  Ladies, I salute you! 

Ek vertel graag vir mense, om altyd iets uit ‘n krisis te probeer neem, ‘n lewensles, ‘n vars perspektief.  Ons moet leef met ‘n ingesteldheid om altyd te wil groei, om beter te verstaan, dieper te delf, meer te gee, want hiermee voed ons ons menswees.  My uitkyk verander steeds, met elke ‘episode’ in my lewe, leer ek iets.   Sonder enige twyfel, het hierdie afgelope tyd ook my lewe kom verryk. Het onbekende mense my, rustige waters, kom roer, en het hulle my kom leer om nooit, maak nie saak hoe goed of sleg dit met jou gaan nie, dankbaar en nederig te bly.    

In ‘n stille oomblik sit ek op die stoep en kyk hoe Carindi speel. Sy is vuil, amper soos daai kindertjies in my droom, haar broek het ‘n winkelhaak in  . . maar sy lag kliphard en hardloop rond.  Syt alles wat sy nodig het, maar syt eintlik min nodig om haar gelukkig te maak.
Syt ook sommer intussen twee kapokkie tipe hoendertjies as ‘n geskenk by ‘n buur-tannie gekry. Te blerrie oulik, maar ek moet hul gereeld uitjaag, want hulle loop sommer in die huis rond, en spring op die banke.  Ons het eers gestry oor die name, want Catboy en Owlette pas net nie by hoenders nie, maar die goed moes name kry, want sy weet, as iets ‘n naam het, slag en eet ‘n mens hulle nie.  Welkom Poppie en Vlooi.

Noudat dit effens rustiger gaan en ons klomp dames in ‘n redelike roetine kom met pakkies uitdeel, sal ek ook hopelik weer tyd hê om saam met sussie die ABC en somme te kan doen.  Daar lê nog ‘n langpad voor, die graad R’etjies gaan mos eers weer oor tagtig maande terug skooltoe. (so voel dit vir my)  Ek sal my juffrou vaardighede moet opskerp, want die lesse wat die regte juffrou stuur, stroom in. Solank hierdie onderwysers net weet, ‘n kind moet nie net kan tel en spel nie. . . ek wil graag hê my Kakiebos-kind moet ook weet wat dit beteken om regtig om te gee, dankbaar te wees en om te deel.  

Waarvoor is jy dankbaar, vandag?


‘n Hart agter tralies . . .

Gewone mense, wat buitengewone dinge doen, fasineer my . . . ek gebruik spesifiek nie die woord inspireer nie, want buitengewone dinge, is nie noodwendig iets goeds of eerbaar nie. 

Gewoonlik weet ons nie wat hierdie dinge alles behels nie, totdat ons ‘n bietjie dieper delf.  Ek wil graag glo dis my opregte belangstelling in mense, wat my dryf om die storie agter die storie te probeer uitvind.  Selfs al ontstel dit my, maar elke nou en dan word ek ook verras en inspireer dit my, indeed. 

Dit gebeur te dikwels dat ons ‘n opinie van iemand vorm, bloot uit dit wat ons van hul hoor of in ‘n koerant lees.

As jy al aan die ontvang kant van so onregverdige etiket was, sal jy seker met gretigheid verder lees.  En as jy, soos ek, jouself al daaraan skuldig gemaak het, deur ‘n persoon bloot uit die oog van iemand anders te beoordeel, dan moet jy asseblief nie nou ophou om te lees nie.  Ek deel juis my stories en ervaringe, sodat iemand iets daaruit kan neem.  ‘n Moontlike les, ‘n bietjie introspeksie, ‘n sin vir beter-verstaan, ‘n saadjie . . . Ek stoei partykeer vir weke en selfs maande, voordat ek begin skryf, juis omdat ek dan wag vir woord of ‘n teken dat die Here êrens die grond omgedolwe het, en die tyd reg is om die saadjie te plant. . .

#Moordenaar   #Joernalis   #Tronk   #Storie   #Wreed   #Hartseer   #Skokkend   #Verkeerd?   #Oordeel   #MyTronk   #JouTronk   #Liefde   #Genade   #Mooi   #Drome   #Verander?  . . . beskou hierdie as ‘n paar klippies wat ek langs die pad gooi, tel hulle op en bou ‘n altaar of pak hulle in ‘n ry en bou ‘n voetpaadjie . . . bitter min mense se stories bestaan net uit sagte woorde en glitter, maar that’s life. 

Daar is ‘n paar goed waarin ek nog altyd onwrikbaar glo; 

Ek glo, mense word vir ‘n rede op jou pad gestuur

Ek glo dat God die enigste Een is wat mense se harte waarlik kan verander

Ek glo dat liefde ‘n groot impak maak

Ek glo in tweede kanse

Die laas’t genoemde, is seker die moeilikste veral as jy met ‘n moordenaar te doen het.  I mean . . . Maar wies nou vriende met ‘n moordenaar, right? 

Erens in Augustus het ek vir Marizka ontmoet.  Ek was betrokke by ‘n gesin se lief en leed, nadat hul hul dogter in ‘n motorongeluk verloor het, die storie het Pretoria geruk, baie media publisiteit geniet, en Marizka was ‘n joernalis wat ‘n scoop gejaag het. Ekt egter vinnig agter gekom dat sy regtig belangstel, haar empatie en die manier hoe sy die storie hanteer het, het ‘n deur tussen ons kom oopmaak.  Ons het kontak gehou, elke nou en dan ‘n boodskap gestuur en gesels.

‘n Paar weke terug, herken ek haar gesig in ‘n News24 berig op facebook. . . Marizka, mý Marizka, is dié joernalis, die een wat opslae maak- en uit haar pos by Huisgenoot onthef is omdat sy op een van die Krugersdorp moordenaars verlief geraak het.  Shit shit shit!!!

Ek tel my foon op en reël ‘n afspraak. Hierdie keer is ek die joernalis, maar ek is nie opsoek na ‘n scoop nie . . . Ek wil dieper delf.  Ek wil weet; Hoe gebeur dit? Die stoptekens in my kop, laat my nie eens toe om daaraan te dink nie.  Hoe de hel?  Ek besef my grense is rock solid.

Sonder oordeel, maak ek reg vir ons kuiertjie.  Ek stel nie belang om as berader op te tree nie, ek wil he sy moet veilig voel om haar storie met my te deel, soos ‘n vriendin. By Spur in Lynnwood, ontmoet ek een van die opregste mense wat al ooit my pad gekruis het. 

Sy sit oorkant my, haar getattooeerde arms swaai links en regs, op en af, soos wat sy beduie.  Die bandjies om haar arm het Le Roux vir haar in die tronk gemaak, së sy.  Die 29 jarige Marizka, is nie net ‘n briljante  joernalis nie, sys ook ‘n mamma wat alles vir haar dogtertjie sal doen.  Sy is wys!  Sy is ‘n fighter.  Sy is snaaks.  Ek vra vrae, sy antwoord. Soms met ‘n hartseer trek om haar mondhoeke, ander met ‘n twinkle in die oog.  Ons praat oor haar boek, Uitgewerp, wat in Januarie op die rakke sal wees.  Ons lag.

Ek huil.

Sy ken sukses, sy ken brokenness. . . maar wat my die meeste van haar opval is haar rou opregtheid en haar geloof.  Sy is nie iemand wat bid nie, sy praat sommer met die Here. 

Ek het nie gegaan om oor die moorde te praat nie, tog hoor ek details wat my hare laat rys.  Ek wil weet: Hoe raak ‘n mens verlief op iemand wat mense doodgemaak het? 

Marizka vertel my van die vriendskap wat daar tussen haar en Le Roux ontwikkel het.  Hoe hy, elke keer wanneer sy gaan kuier, beter lyk.  Geskeer en skoon.  Hy doen moeite, los selfs uit sy eie die dwelms, want daars iemand wat in hom belangstel, sonder oordeel.  Iemand wat met hom wil gesels, wat kom kuier en weer terugkom.  ‘Dink jy ek is mal?’, vra sy vir my.  Ek skud my kop en sy gaan aan.  Sy vertel vir my van ‘n jongman wat ingesluk is deur die wreedheid van ‘n ma wat niks daarvan gedink het om iemand dood te maak nie, van manipulasie en bang-maak-stories, van sy keuse tussen maakdood of word doodgemaak, van sy vrees vir die res van die ‘gang’.  ‘n Jongman wat met ‘n bybel in die huis groot geword het, maar God en Sy liefde nooit leer ken het nie.

Here, hoe moet dit wees om U nie te ken nie?  Ek kan my nie indink nie.     

Ons mag nooit vergeet dat onskuldige mense hul lewens verloor het nie.  Dis onmenslik wreed en hartseer . . . uit respek vir hierdie mense, herinner ek myself deurentyd daaraan.  Maar die storie wat voor my ontvou, gaan oor iets heeltemal anders.  Ek hoor van ‘Uncle John’ ‘n nie-blanke securityguard, wat vir Le Roux  ‘n bybel gekoop het, a Bible for prisoners.  Ek hoor hoe Le Roux die naam van ‘n jong kindjie in hierdie bybel neergeskryf het, dis die kind van een van sy slagoffers, want eendag wil hy haar persoonlik gaan omverskoning vra.  Ek wil eers kriewelrig raak toe ek hoor hoe hy leer om met ‘Die Bra daarbo’ te praat, maar besef vinnig dat God nog vir hom ‘n vreemdeling is.  Ek hoor hoe hy Uncle John se bybel lees in die aande wanneer hy sukkel om te slaap en die nagmerries hom wakker hou. Het hy berou?  JA.  Het hy al vergifnis gevra?  Ek dink nie hy weet hoe nie.

Ek leer van Marizka se eie tronk, die een waarin sy vir ‘n paar jaar vasgevang was. . . ‘n ongelukkige huwelik.  En hoe sy daaruit losgekom het.  Hoe haar gereelde kuiertjies by die tronk ook iets geword het, waarna sy begin uitsien het.  Le Roux se storie het die manier waarop sy haar eie dogtertjie grootmaak, kom verander. . . Want kan jy imagine, sy ma was nie so nie? 

Syt nie nodig om vir my te vertel hoe die mense in die media haar met klippe gooi omdat sy betrokke geraak het by ‘n misdadiger nie, want ek het self al die 384 comments op facebook gelees.  Swart gesmeer, sonder dat enige iemand belangestel het om dieper te delf.  Die vrou hier voor my is alles behalwe ‘n tronkhoer. Sy is brawer as wat ek al ooit in my lewe was.

Hoe langer ons gesels, hoe helderder word die prentjies ingekleur. . . tussen hierdie klomp bladsye lê ‘n groot droom opgesluit. . . ‘Carli, kan jy imagine, hy kom eendag uit daai tronk en hy begin getuig?’  Ek het lanklaas soveel excitement, soveel hoop en so mooi droom beleef.  Haar oë kyk regdeur my, glasblou, blink, nie ‘n sweempie twyfel.  Maar eers moet hy sy straf uitdien, sê sy.  Ten minste nog 11 jaar. Dis ‘n lang tyd, maar meer as genoeg tyd vir ‘n groot wonderwerk. Hoe stap ‘n mens weg van so sitsuasie, as jy sien dat jy ‘n verskil in iemand se lewe maak? Vra sy vir my. Wanneer jy die impak van liefde en aanvaarding op so ‘n wonderbaarlike manier beleef. 

Ek kry hoendervleis.  Wat as?  Here, sal dit nie wonderlik wees as U storie, sy storie word nie?

Voor ek groet vra ek vir haar of sy vir hom bid en sy knik haar kop;  ‘Baie.  Ek bid baie vir hom.  Ek herinner die Here gereeld daaraan dat Le Roux ook Sy kind is’.

Ek groet haar soos ‘n ou vriendin en klim in my kar.  Anders as wat ek verwag het, voel ek glad nie teneergedruk nie.  Inteendeel, soos wat ek afdraai op die N1, sê ek vir die Here dankie dat ons paaie kon kruis.  Ek voel soos ‘n ryker mens. Die hoop wat sy met haar ronddra, is aansteeklik.  Ek dink in my stilligheid dat sy net sowel Le Roux kon wees en ek Marizka.  Syt ‘n kans gevat met hom, belangestel om dieper te delf. 

By die huis, vertel ek vir Carel van ons ontmoeting en later die aand toe hy langs my in die bed lê en ek hoor sy egalige asemhaling, skakel ek die bedliggie aan en trek ‘n pen en notaboek nader. . . 

Ek dink terug aan alles wat daardie oggend gesê is.  Ek dink aan tronke, maar nie geboue met diewering en slotte soos Pollsmoor of Kgosi Mampuru nie.  Ek wonder skielik hoeveel mense leef nie maar in hul eie tronke nie.  Ek wonder hoekom ons mekaar so graag met klippe gooi?  Ek wonder oor vergifnis?  Oor groot en klein sondes?  Ek dink aan die fliek, The Shack, en onthou hoe mooi die konsep van Goddelike ouerskap aan ons uitgebeeld is.  Dat elkeen wat hierdie aarde loop, U skepping is en dat U genade genoeg is.  Dat Jesus gesterf het vir gebroke mense.  Die man wat langs Jesus aan die kruis gesterf het, was ‘n moordenaar, ne?  En Hy het hom vergewe, sonder dat Hy eens sy storie geken het.

Ek dink aan die stoptekens in my eie kop, grense wat my sou keer om selfs net betrokke te raak by ‘n bandiet in die tronk.  Wat nog van verlief raak?  Eish.  Voordat ek my kop in skaamte wil laat sak, val die pennie op die grond en ek sit regop. . . ek besef ons almal hoef nie hero’s vir iemand in die tronk te wees nie. Ons het net meer mense nodig wat ‘n ingesteldheid sal ontwikkel vir die mense wat vry rondom ons beweeg, maar vasgevang is in hul eie tronke.  Soms neem dit net een persoon om op te daag, sonder oordeel, dieper te delf en te luister.  Iemand wat nie sal weghol nie.  ‘n Vriend of vriendin wat vir jou bid.  Dalk het jy nog nooit so iemand in jou lewe nodig gehad nie, wel . . . wees dan daai iemand vir iemand.  

Ek soek nie verskoning vir die dade van ‘n moordenaar nie, maar ek glo steeds:  

Mense word vir ‘n rede op jou pad gestuur

God is die enigste Een wat mense se harte waarlik kan verander

Liefde maak ‘n impak

Ek glo in tweede kanse

. . . en ek glo hierdie dinge sonder uitsondering. . .

Dankie Marizka, dat ek jou storie kon gebruik.  Dankie vir die les van hoop en vergifnis.

Ek dink nie jys mal nie.

Ek dink ons is almal instrumente in die hande van die Koning, sonder dat baie van ons dit dalk besef, en dit gee ons power om lewens te verander, scoop by scoop . . . hoe crazy is dit? 

Imagine

Hierdie was my toespraak, as motiveringsspreker by ‘n damesoggend.

Ek skaaf en skuur ‘n bietjie aan hom, om beter op papier te pas.    

Die tema Imagine het ‘n duisend liggies in my kop laat aangaan.  Wat ‘n wonderlike onderwerp?

In my soeke na iets om met julle te deel, het ek op hierdie twee aanhalings afgekom, wat my nogal laat dink het; 

Albert Einstein het gese: “Imagination is more important than knowledge. Knowledge is limited. Imagination is endless.” 

En Mark Twain het gese: “You can’t depend on your eyes when your imagination is out of focus.” 

Hoe wonderlik is die mens se verbeelding nie?  Om iets wat jy nog nooit gesien of aan geraak het nie, te kan uitbeeld as ‘n prentjie in jou brein.  Kindertjies skep hul eie wonder-wêreld en soms, na ‘n traumatise geval, is dit ook iemand se verbeelding, wat hul help om te survive.  Hul skep hierdie plek, amper soos ‘n veilige hawe, in hulle koppe en wanneer angs of benoudheid dreig om hulle te oorval, dan escape hulle, na hierdie wonder wereld.  Vreemd, maar dis al oor en oor bewys, dat dit in sekere gevalle werk.

‘n Honderd stellings oor Imagine kom by my op. . .  

Imagine, ons was almal dieselfde

Imagine, ons kon in die toekoms sien

Imagine, all the people lived in peace, soos John Lennon in sy song sê 

Imagine, dit het net altyd goed gegaan met jou

Dis nie net vir my belangrik om by die tema in te pas-, of om ‘n storie met julle te deel nie, ek wil jul graag met iets bedien wat gewig dra, iets opbouends wat vatplek in jou gedagtes en hart kry. 

En die stelling van imagine wat ek hier wil vaspen is: 

IMAGINE, ons kon nie kies nie?

Ek dink hierdie is ‘n stelling, wat soveel krag dra, amper te groot om te begryp. . . Want wat sal die impak wees?  As ons nie kan kies nie.  

Ons leef in ‘n tyd van moord en roof, korrupsie en geweld, ons lees van aanranding, verkragting, kindertjies wat weggegooi word.  En dan dink ek so by myself, êrens moet iemand mos agter dit sit.  Erens het iemand ‘n besluit geneem om iemand anders se lewe te neem, êrens het iemand besluit om ‘n onskuldige kindjie leed aan te doen, êrens het ‘n man besluit om sy hand vir sy vrou te lig, êrens het iemand besluit om dwelms te gebruik. . . Erens het iemand verkeerd gekies!!!!  Dit wat verkeerd loop in hierdie wêreld, het begin by een persoon se verkeerde of slegte besluit. 

Ek het al gehoor dat iemand eendag sê, die grootste fout wat God gemaak het (en moet my nie verkeerd verstaan nie, God kan nie foute maak nie, maar sê nou maar), dan sou dit seker wees, om mense die ability te gee, om te kan kies.  Maar as ons nie kon kies nie, dan sou ons ook nie KON KIES, om Hom te volg en te dien nie.  En dit is juis hier, waar God wil hê, ons moet ‘n keuse hê, of ons Sy liefde gaan aanvaar, of nie.  En as God die mag van keuses by ons wegneem, dan gaan Hy teen Homself, en God gaan nooit teen Homself nie.  Hy sal nooit iets gee en dit dan weer wegvat nie.;  Want in Sy woord staan geskryf, dat Hy vandag, gister, en more dieselfde is.  GOD VERANDER NIE.  So liewe Vriendin, as jy God blameer vir iets wat skeef geloop het in jou lewe, miskien het jy ‘n kindjie aan die dood moes afstaan, of ‘n familie aan selfmoord verloor, miskien kom jy uit ‘n abusive verhouding, dan wil ek vir jou sê, NIKS wat sleg is kom van God af nie.  Hy het net goeie planne vir jou en vir my.  Dit staan so geskryf in Jer 29:11.

Kan ek maar ‘n amen hierop kry?

Dis okay om seer te hê, almal gaan sometime in hul lewe deur trauma. . . maar hoe jy dit hanteer, bly ‘n keuse.  Dis belangrik om riglyne in plek te stel, om sodoende gesonde besluite te neem.  Al is dit soms moeilik.

Dit is so, daar gebeur dikwels dinge in ons lewens waaroor ons geen beheer het nie, waarin ons nie ‘n keuse gehad het nie.  Kinders onder die ouderdom van 18 word as minderjariges gesien en hul moet eintlik nog inval onder hul ouers se besluite.  As jou pa sê jy is voor 10uur by die huis, dan is dit die reël en jy moet daarby inval, jyt nie ‘n keuse nie.  As jou ouers sê, julle gaan nie nou daardie nuwe selfoon koop nie, dan is dit so.  Dis nie jou besluit nie en jy kan nie kies nie.  Maar tog is daar ook goed waaroor ons wel beheer het, selfs as kind.  Elke mens het keuses. En om te kies tussen reg en verkeerd is nie die enigste keuses wat belangrik is nie, soms moet jy ook ‘n besluit neem, oor wat reg is vir JOU.   En omdat ons elkeen uniek is, is dit wat reg is vir jou en dit wat reg is vir my nie noodwendig dieselfde nie.  Ons het nie dieselfde persoonlikhede nie, ons doen nie dieselfde werk nie, ons het nie dieselfde geskiedenis of agtergrond nie, ons is nie met dieselfde man getroud nie, en my twee 3 kinders is nie soos joune nie.  Hierdie dinge is alles faktore wat jou as mens vorm en jou sitsuasie uniek maak. Maar as jy gekies het om Jesus Christus te volg, wat die heel belangrikste besluit is, wat jy ooit sal moet maak, dan kom maak dit tog die speelveld tussen ons effe gelyk, want dan is dit wys om jou besluite te snoei volgends goeie christelike beginsels en waardes. 

Imagine dit het net altyd goed gegaan.  Imagine, ons lewens het geen hic-ups, drama of trauma gehad nie.  Dit klink dalk lekker, maar ons sou mense gewees het, sonder diepte.  Want dis juis deur krissese wanneer ons groei. 
Elke liewe love song wat jy op die radio hoor, is die produk van iemand se stukkende hart, iemand se hartseer storie. Een van die beraders wat saam met my by die Krisis Sentrum werk, sê altyd. . . Never curse your crisis.  Want dit is ‘n geleentheid om te groei.  Maar te midde van jou krisis sien jy nie noodwendig die silwer randjie nie.  Jy kan nie indink hoe enige iets positiefs daaruit kan voortspruit nie, dis so belangrik om jouself dan te skaar by mense wat jou sal help om die lig te sien, en om stil te raak, sodat jy God se stem sal hoor, dat Hy jou geestelike oë kan oopmaak en jy Sy plan kan insien.  NIKS wat sleg is kom van God af nie, maar HY laat alles ten goede uitwerk, vir die wat Hom liefhet.  Romeine 8.  Mense hou daarvan om te sê, Tyd genees alles!  Maar tyd is net ‘n wyse wat tiek. Tyd doen niks.  Dit is JOU keuse wat jy met hierdie tyd gaan doen, wat ‘n verskil maak.   In Spreuke 11:28 sê God ook, wie reg doen, floreer soos groenblare aan ‘n boom. 

Iets wat ook ‘n defnitiewe invloed het op ons besluite, is waarde.  Wat dink jy van jouself?  Dalk hoor jy gereeld by iemand dat jy ‘n niks-werd is nie, dat jy sleg is en niks reg kan doen nie.  Dalk sê iemand dit nie noodwendig vir jou nie, maar die manier waarop hulle jou behandel, laat jou glo dat jy niks werd is nie. . . Waaraan meet jy jou waarde? Bepaal jy jou waarde, aan dit wat mense van jou sê en dink?    Dan is dit dalk nodig dat jy hoor:  As jy maar net ‘n stukkie van God se liefde vir jou kan begin verstaan, sal jy nooit weer op jouself neerkyk nie.  Sal die aanslae van mense wat jou afbreek, nie aan jou vatplek kry nie. Mense wat glo dat hul niks werd is nie, dink dikwels dat hul die suffering en vernedering of hartseer verdien. 

Spreuke 31:10 sê ‘n goeie vrou is meer werd as edelstene.  1 Johannes 3 – Wat ‘n groot liefde het die Vader aan ons bewys, dat Hy ons Sy kinders noem.   Hy noem jou ook, die appel van Sy oog.   

Wanneer laas het jy vir jouself in die spieel gekyk en vir daardie vrou gesê, ek is lief vir jou!  En dit bedoel?  Regardless die paar ekstra rolletjies of plooie.  Regardless, ‘n paar verkeerde besluite, ‘n hartseer verlede, of ‘n gevoel van verwerping. . . Of kyk jy na jouself met verwyte?  Dalk het daar iets in jou lewe gebeur wat jou vrede en vreugde kom steel het, iets waaroor jy dalk glad nie beheer gehad het nie.  Iets wat jy nie kon kies nie.  En die gevolg is dalk dat jy waardeloos begin voel het.

Die besluit om hierdie dinge dan agter jou te sit, en vir ewig te begrawe, is ‘n tipiese besluit wat jy vir jouself moet maak.  Jy moet dit vir jouself wil doen, omdat jy waardevol is en omdat jy dit verdien om te floreer, soos die groenblare aan ‘n boom.  Soms kyk ons vrouens mos na ander vroue en ons wens ons was meer soos hulle.  Daai vriendin wat so deur die lewe dans, sy is altyd opgeruimd, sy is sterk en selfversekerd.  Sy is soos ‘n blom wat altyd na die son gedraai is.

Sal jy my glo as ek vir jou sê, jyt alles in jou, om ook selfversekerd, opgeruimd en sterk te wees.  In jou eie reg.  Dit begin by SELF LOVE !!! Wat van dit wat jy al alles in jou lewe oorkom het? Wat van ‘n bietjie trots en ‘n klop op die skouer vir dit wat jy al bereik het.  Ons moet leer om in onsself te invest.  En dit mag dalk soos ‘n cliché klink, maar daar is net een jy, en jou uniekheid is juis wat jou laat uitstaan bo ander.   Ek glo ons doel op aarde is om in liefde met onsself, ons Skepper en met ander mense om te gaan.  Ons hoor gereeld, dat mense sê, ‘Moet dit nie op jouself uitspreek nie’  Hulle praat natuurlik van iets negatief.  En hoekom?  Hoekom sal iemand vir iemand anders sê, om nie iets negatiefs oor jouself uit te spreek nie?  Omdat daar krag lê in woorde.  Daar word ook gesê, You are what you eat.  En net so, reflekteer ons uitkyk op die lewe, dit wat ons dink.  Voed jouself met positiewe, opbouende woorde.  Die verhouding tussen jou gedagtes en jou onderbewussyn is soos ‘n kind-ouer verhouding.  Ons spoor ons kinders aan, om goed te doen, en dan prys ons hulle as hulle dit reggekry het. Ons troos hulle, as hul gefaal het. Ons leer hulle van opstaan en weer probeer.   So is die link tussen ons gedagtes en ons onderbewussyn.  Jy dink positiewe gedagtes, spreek dit op jouself uit en dit word soos ‘n spons opgeneem in jou onderbewussyn.   Joyce Meyers het ‘n boek geskryf met die titel, Battlefield of the mind, en daarin praat sy ook oor die krag van positiewe denke. 

Stick jouself vir ‘n koppie koffie, ‘n sappie of ‘n glas wyn.  Spandeer ‘n uur, net met jouself.  Stryk die plooie in jou gemoed uit. Spreek iets mooi oor jouself uit, en soek vir die silwer randjie. 

Draai jou gesig na die son. . .

Gebreekte goed, is nie weggooi goed nie.  Dis net iets wat wag om in ‘n tweede gedaante tot reg te kom.  

‘n Mooi, maar hartseer pad. . .

Dis nodig om stil te gaan staan, na ‘n besige tyd en rustig te raak, om asem te skep en te reflect. . . om te fokus op die lewenslesse wat daaruit gebore is.

Dis moeilik om in ‘n kort rukkie so baie in te neem, soveel van jouself te gee, onbekende paaie saam met onbekende mense te loop.  Trane gaan steek soms vas in jou hart . . . en die moontlikheid dat dit êrens met jou gaan op catch is nogal groot, so unlike al die ander stukke wat ek al geskryf het, voel ek hierdie een mag dalk meer rou wees.  Ekt geen fancy idee hiermee nie, ek het net ‘n groot begeerte om my oorvol – hart leeg te maak. 

En, stories van genade, moet gedeel word.  Nie net inspireer dit mense nie, maar genade hou ‘n mens regop, liefde maak hande en harte oop, en. . .  Redbull of Play op ‘n nugter maag gee jou ‘n hupstoot. Don’t judge me, okay! 

Min mense weet, maar die 14de Augustus was ook my dad se verjaarsdag.  Ek wou graag by hom uitkom daardie dag, maar ek was nodig op ‘n ander plek; Langs die pad – van ‘n onbekende gesin se lewe.  Ons paaie het gekruis, op ‘n slegte pad, tussen karwrakke en ambulanse.  Dit was nie my eerste keer by so ongelukstoneel nie, en dit sal ook seker nie die laaste keer wees nie.  Ek raak nie paniekerig nie, noem dit maar ‘n gawe, ek noem dit genade.  ‘n Pragtige 14 jarige blonde kop dogter het haar lewe verloor.

Ek wil nie vashak by die 14de nie . . . want wat in die 3 weke daarna gebeur het, het ook deel geword van my stukkie pad, storie en getuienis.  

Ja, dis vermoeiend. 

Ja, dis hartseer. 

Die engelsman sê soms, It never rains, it pours. . . En net so, het daar ‘n vlaag dinge gebeur, wat my meegesleur het. 

Want ‘n week later, hou ek die hand van ‘n vroutjie vas, wat langs haar pa se liggaam kniel, kort nadat hy deur leeus doodgebyt is.  As dit nie was vir die hartseer toneel voor ons nie, sou ek ‘n kampstoel kon vat en net daar kon rustig raak en ontspan, want die sonnetjie het warm op ons skouers gebak en die voëls het getjirp.  Dit was ‘n mooi en heerlike dag in die bosveld, maar die hartseer was aanvoelbaar.   ‘n Gryskop oom en sy 3 leeus. . . Ek vra nie vrae nie, want ek het geleer om nie ‘n komma te sit, wat Hy ‘n punt kom maak het nie.  Ek ry daar weg met ‘n rustigheid in my hart, want dis amper asof God self daar was. 

4 Dae later, laat die sondagaand, staan ek in ‘n kring en bid vir ‘n klompie onbekende mense. Op die bed onder die kombers steek ‘n middeljarige vrou se kaalkoppie uit.  Sy het haar stryd teen kanker verloor.  Dit was ‘n kortpad, 4 maande.  Die Here het haar kom haal.  Die familie is stukkend, maar deur die trane sê almal dankie, want hul het ‘n tyd van genade beleef.  Tyd van regmaak en afskeidneem.  Die dogters kies ‘n mooi rokkie en ek help hulle om hul moeder aan te trek.  Dis bitter moeilik vir die twee sussies, maar hul doen dit met soveel moed.  Ek wil hulle vashou en styf teen my beating chest vasdruk, want ek het self ‘n ma en ‘n sussie.  Dis hartseer, maar mooi!  Carel staan vir my en wag, daar heers ‘n heilige stilte tussen ons, oppad huistoe . . . unspoken liefde omvou my.    

Ėrens langs die pad, wanneer hierdie mense se hartseer ook dreig om jou hart lam te lê, vind jy krag in die besef dat jy in diens staan van Hom, wat die wêreld in Sy hand hou.  Jy wonder nie meer hoekom Hy juis hierdie job vir jou gegee het nie, want jy besef dis ‘n absolute voorreg.  Wardering of erkenning is nie belangrik nie, want die belonings lê vasgevang in die hoendervleis oomblikke wat jy met hierdie mense deel.  Wonderwerke, wat jou laat stom staan.  Mense wat hul harte en hande oopmaak. Special oomblikke wat niemand ooit van ‘n mens kan wegneem nie. 

‘n Tiener meisie het vir die eerste keer in haar lewe deur ‘n Drive-thru gery en ‘n McFlurry geëet. . .  ek besef dis net ‘n icecream, maar in my kop het hierdie blerrie roomys in die plek kom staan van alles wat geluk bring . . . en ek huil . . . want op die 30ste het ons ‘n blonde koppie begrawe, wat nooit ‘n McFlurry gehad het nie.  Ek onderneem om vir solank as wat ek kan, betrokke te bly by hierdie jongmeisie se lewe. Ek wens ek kon geluk vasvang en bottel, dan sou ek hierdie bottels op haar voorstoep gaan aflaai, sodat sy elke dag daarvan kan drink. 

Hulle stories verander mens. . .   

Skielik het jy minder tyd vir nietighede, onnodige dramas, ‘n familie rusie oor wie kuier meer by wie, of ‘n gesmeek om in iemand se lewe te wees . . . jy skei die kaf van die koring en koester jou eie kringetjie, want jy besef, mȏre is julle dalk die mense wat kring-staan om ‘n geliefde se bed. 

Ek kon toe eers die 16de by my Dad uitkom. Met ‘n sakkie propvol lekker, bederf goedjies, het ek langs hom op sy bed gesit en gesels. Hy wou weet hoekom ek nie eerder vir hom ‘n roomys gebring het nie. Next time Dad, next time . . . bring ek vir jou ‘n McFlurry, het ek gesê.

Langs my op die lessenaar vang my oog kort kort die brandende vlammetjie, en die reuk van jasmyn hang in die lug. Ek brand ‘n kers vir julle vanaand . . .
. . . mense wat ek nooit geken het nie.

Ek blaas maar die vlammetjie dood . . . ek weet nie hoe groet mens iemand wat jy nooit geken het nie.

Ek is dankbaar vir elke les wat ek op hierdie – soms moeilike – pad geleer het.

Wanneer ‘n halleluja stil raak. . .

Op ‘n tyd was ek seker die beste ding in jou lewe. . . en toe ek ‘n klein dogtertjie was, was jy ook seker my hero, want dis wat pappas vir hul dogtertjies is. 

Dad, die doel van hierdie skrywe is nie om te fokus op die kwaai en baklei of sleg nie, maar dit kan ongelukkig ook nie heeltemal uitgesluit word nie, want dit is deel van die Skattie-Dad-storie.   Jy sal nooit hierdie stukkie lees nie, maar ek skryf dit vir jou . . . sonder oordeel, sonder verwyt. . .

Ek het soveel mooi herinneringe, van kind-wees in pa se huis. Ek koester die Betlehem dae, hoe pa soms saam met ons by die parkie gespeel het, my aan my arms rondgedraai het tot ek wou naar word.  Die kere, wat pa saam met al die buurt se kinders krieket gespeel het, en hoe pa eenkeer vir Gideon, die Kapelaan se seun, wou bykom, omdat hy my seergemaak het. Ek onthou sondagaand, driehoekbroodjies en rooibostee, op ‘n kombers in die tuin.  Stilte tyd, saam pa en ma op jul bed, elke aand.  Ek weet nie van nog ‘n gesin wat dit gedoen het nie. 

Soveel lekker vakansies.  Maar Hartenbos en Mosselbaai was van die lekkerstes.  Ek weet pa moes maar hard werk, om so trippie te kon bekostig.  Vir ure het ons saam geswem en op die strand gespeel, het ek en Renelle vies geraak wanneer pa ons sandkastele kamtig per ongeluk stukkend skop. En wannneer pa lus was vir roomys, sou pa ons opsteek om vir ma te vra.  Pa het mos nooit ‘n beursie gedra nie.  Ma het daarop aangedring dat ons ons gesigte wit smeer met al die sunscreen.   Pa se neus het altyd in die slag gebly, maak nie saak hoe dik pa die wit goed geplak het nie.  Die dat pa nou so met ‘n rooi neus sukkel.  Ai tog.  

Ons het grootgeword en pa het nie meer kans gesien vir ons twee meisiekinners met tiener streke en boyfriends nie.  Ons het toe maar meer ma dogters geword.  Nietemin het ons ‘n pa gehad, wat ons als gegee het wat hy kon, behalwe toestemming om te gaan sokkie.

Kerkmense het pa Oom Willie Halleluja genoem.  .  . En ja, dit is wie pa is, want ten spyte van al die verkeerde draaie, was Pa se liefde vir die Here onwankelbaar.  Dis hoekom die egskeiding vir my so groot teleurstelling was.

Ek moet diep delf om hierdie dinge te gaan uithaal en daaroor te praat, want ek het gekies om dit te bêre . . . alhoewel ek nooit als kon vergeet nie.

Ek onthou hoe pa verby my geloop het in die huis, op my 21ste verjaarsdag, sonder om my te groet.  Hoe die fondasie tussen ons gekrummel het, toe jy vir my gesê het, dat ek jou nie meer pa mag noem nie.  Hoe bitter moeilik dit vir my was om verby pa in die dorp te ry en hoe seer dit gemaak het, omdat pa nie meer deel van ons gesin was nie.  Vir ‘n jaar of twee was ons eintlik maar strangers vir mekaar.  Daar het ek ‘n belofte aan myself gemaak, wat ek later jare deurgevoer het, al was dit vir my moeilik. . .

Laat in 2005 kom die groot hartaanval en hart operasie en die bitter seer wat ek destyds gehad het, voel toe minder erg, want om langs jou pa se bed te sit en sy koue hand vas te hou terwyl jy bid dat die Here hom sal spaar, sodat julle kan regmaak. . . is bitterder.  Ek is dankbaar, so baie dankbaar dat pa deurgetrek het. 

Ek kan nie hierdie goed neerskryf sonder om die tissues nader te trek nie, want die knop in my keel word groot en my oë brand soos ‘n bol vuur. . . Ek het Ermelo verlaat, want die seer en hartseer wat hierdie klein dorpie aan my uitgedeel het, het meer begin weeg as die goed.  Die jare nadat ek weg is, was pa se moeilikste jare, ek weet. . . Maar die Here stuur toe vir Gianni oor pa se pad. Julle vorm ‘n pa-seun verhouding en hy word ook my beste este vriend.  Terwyl hy ‘n oog oor pa gehou het, kon ek rustig wees.  Maar die Here gee en die lewe neem . . . 28 July 2011 sterf Gianni in ‘n motor ongeluk.

Ek is stukkend! 

Pa is verlore!

‘n Paar maande later, neem pa amper pa se eie lewe.  Dit dwing my en Renelle om ‘n baie vinnige besluit te neem en pa in Ermelo te gaan haal. 

Ek haat die bliksemse plek.    

Dad, deesdae is pa net ‘n skaduwee en vergeet-se-siekte het aan pa se deur kom klop.  Pa sal feitlik niks onthou, van wat ek hier deel nie, en my vermoede is dat hierdie trauma juis daartoe bygedra het. 

Ek gaan kuier so gereeld ek kan, sit vir ‘n uur of twee, gesels in sirkels want ons herhaal ‘n paar keer dieselle goed.  Pa maak grappies en ons lag, maar die uitveer in jou kop het al die belangrike dinge tussen ons kom uitvee.  Ek laai pa nie meer in my kar en vat pa vir ‘n aand of twee na my huistoe nie, want pa herken nie my gesin nie.  Pa vergeet waar is die badkamer en pa voel ontuis.  Ek sukkel om te verstaan en my geduld skiet dikwels kort, maar ek try . . . ek skud die vrees, dat pa my dalk eendag nie meer gaan ken nie, van my skouer af en smile op my mooiste wanneer ek by pa se kamer instap en pa op die bed sien sit.  Wanneer pa opkyk, smile en sê:  ‘Haai Skattie’, bokspring my hart. 

Butterfly kisses soos in Bob Carlisle se song, was nooit vir ons bedoel nie, want een van die tough’ste dinge wat ek ooit moes doen, was om alleen die paadjie af te stap met my troue.  Jare terug het ek besluit dat ek nie pa s’n is om weg te gee nie, ek moes daarby hou, vir myself. . . Ons het nooit daaroor gepraat nie, pa het ook nie vrae gevra nie.  Ek glo pa het verstaan. . . maar vandag is ek in ‘n mate bly, want ek weet hierdie gedagte het verlore gegaan in die boksies van vergeet. 

DANKIE dat dat ek nog pa se Skattie kan wees.

Eendag as pa my dalk vergeet, sal ek myself kom voorstel as ‘n storie-verteller.  Dan sal ek al ons stories vir jou kom vertel, met gelukkige eindes waarin ons die verlede se plooie uitstryk en waarin pa se hallelujah nooit stil raak nie. 

Sommige gedates is gebede. Daar kom oomblikke wanneer ‘n mens se siel op sy kniee gaan, ongeag van wat die houding van die liggaam mag wees.      

Victor Hugo

Kom ons braai in die kamer. . .

Wat is geselliger as ‘n lekker braai?  Ons braai wanneer ons sport kyk, wanneer ons iets vier, wanneer ons koud kry, wanneer ons saam vriende kuier en soms braai ons selfs wanneer ons wil eet. . . Ons het tot ‘n dag, wat ons Braai-dag noem. 

Groot vlamme, baie kole, skaap tjoppies, sagte musiek in die agtergrond, vriende wat lag en gesels, ‘n glas rooiwyn, ‘n koue bier of ‘n warm koppie koffie . . . Die atmosfeer trek ‘n mens in. As ons ons oë toemaak en ons dink aan braai, kan ons die braaivleis ruik, die hitte van die vuur voel, kan ons die musiek in die agtergrond hoor en kan jy selfs die bier of wyn in jou mond proe.  Dit maak al ons sintuie wakker en daarom is dit ‘n gunsteling onder so baie mense. 

Mense spandeer geld op braai; Bou sommer ‘n vertrek aan, en installeer ‘n fancy braaier, plak ‘n sticker op jou bakkie sodat jy jou liefde vir braai met die wêreld kan deel.  Pa’s kry ‘n nuwe braaitang of voorskoot  vir vadersdag, met sy naam daarop.  Moenie lag nie, dis hoe dit is. Ons doen moeite met braai.  Baie moeite. 

Gun my die geleentheid om lekker met woorde te speel vandag, en vertrou my om dit met respek en in styl te doen . . . want hier praat ek nie regtig oor braai nie, ek deel iets oor seks . . .

Jip, staan van die vloer af op, klim terug op jou stoel, maak jou mond toe. . . dis ‘n eerste vir my ook.   Ek is ‘n gewone mens, in ‘n wonderlike-gewone huwelik, met gewone gewoontes, maar duidelike grense.  Ek het ook maar groot geword in ‘n tyd, toe ons ouers nog glad nie gemaklik was daarmee, om met ons oor seks te gesels nie.  Ons is net die nodigste vertel.  Genoeg om te weet waar babas vandaan kom, thats it!

Ek het tydens berading, met ‘n skok besef dat mense graag daaroor wil praat, maar dat hul nie weet of hulle mag-, of hoe nie.  Die gemiddelde vrou sukkel om oor seks te praat, veral met haar eie man.  Vreemd, maar dis waar.  

Ek is ‘n vrou, daarom voel ek soos ‘n vrou en ek dink soos ‘n vrou, en daarom mag die manne dalk meer baat by hierdie stukkie en die vriendinne gaan moontlik net hul koppe knik en glimlag, want ek is amper seker ons is almal min of meer, dieselfde bedraad.  En natuurlik mag jy met my verskil . . . different strokes for different folks. . . ek sê maar net. 

Nou kyk, Meneer-Braai . . . As jy besluit om die naweek te braai, dan bel jy jou vriend, sommer die Dinsdag al, om seker te maak hy hou saterdag oop.  In jou besige skedule, maak jy tyd om te dink aan vleis en blits en hout en drank. En jy maak seker dat jou vrou ook reg is vir die storie en dat sy haar kant sal bring met die braai-broodjies en slaai. Vrydag bel jy vir Frikkie om seker te maak dat dit nog reg is met hulle.  Kom saterdagoggend, is jy vroeg wakker, jy gaan doen inkopies, jy sê vir Lucky hy moet die stoep afspuit en die braaier was.  Jy pak die hout uit en steek die vuur aan. 
Baie hout, maak meer kole.  Groter vuur, maak warmer. Lekker vriende, sorg vir goeie geselskap.   Dis ‘n hele gedoente en dit vat nogal moeite.

Manne, ek is seker teen die tyd sou jy nou al die trant begryp . . . Dis nie net van gryp nie.  Dis ‘n gedoente, dis ‘n storie. . . en as jy moeite doen, is dit ‘n lekker storie. 

Steve sê in een van sy songs, dit het begin by ‘n gevoel, hy praat seker hier van vrouens, want vir ons kan dit nie sommer net gebeur nie, ons moet iets voel.  Dis hoe die Liewe Heer ons aanmekaar gesit het.  Wat sy voel, gaan van jou afhang, Meneer. 

Vrouens is reageerders. ‘n Man doen iets, en ‘n vrou reageer daarop.  Dis presies hoe die huwelik en die dinamika tussen mans en vroue werk.  Toets dit gerus.  Gooi nou vanaand jou handdoek op die badkamervloer en los hom daar as jy klaar gestort het, kom laat, of vergeet ‘n belangrike dag. . . die reaksie gaan nie goed wees nie, Guaranteed.  Dit is werklik so eenvoudig soos 1 2 3.  

As jy vanaand wil braai, begin jou dag reg. . . gooi kole! Onthou, dis ‘n gedoente.

Koffie in die bed, ‘n whatsapp deur die dag om haar te herinner dat jy haar liefhet, ‘n oproep om te hoor of sy iets van die winkels af nodig het.  As jy by die huis kom, gaan staan by haar in die kombuis terwyl sy besig is om kos te maak, begin solank die uie sny, hoor hoe was haar dag. Bied aan om die kleuter te bad, gooi vir haar ‘n glas wyn. Na ete, vat jy die borde kombuis toe en sit dit in die wasbak. Terwyl sy bad of stort, sit ‘n blom, wat jy sommer in die tuin gepluk het, op haar kussing neer.   More tap jy badwater of iets.

Dit hoef jou nie ‘n braai se prys te kos nie, maar dit vra ‘n bietjie effort.  Probeer dit een dag in ‘n week, vir die volgende 6 weke.  Na ‘n tyd, sal jy besef dat dit meer natuurlik kom, en dat dit nie meer soos ‘n effort voel nie.  Wees kreatief.  Vele studies het ook al bewys dat ‘n opregte kompliment, iemand se hart laat vinniger klop.  ‘n Vrou wat voel dat sy waardeer word, doen meer as wat van haar verwag word. Maak seker dat jou vrou geliefd voel. . . Skep vir haar ‘n veilige spasie om kwesbaar te mag wees, dit boesem vetroue in.

Natuurlik is daar twee kante aan elke muntstuk, en daarom is my raad aan elke vrou;

Kyk na jouself, leer om die klein goedjies raak te sien, reageer met liefde, sit ‘n wag voor jou mond, maak seker jy is vir jou man ‘n trots en ‘n ondersteuning, dra die kroon van Vrou-wees met selfvertroue en vir die wis of die onwis, dra ‘n houertjie panado’s in jou handsak. 

Vrouens hou eintlik net so baie van braai . . .

Gooi mielies!

NASKRIF; Liewe Vriende, hierdie blog sal my slapelose nagte gee, as ek versuim om te noem; Die wêreld wil ons geduring leer van veilige seks, maar vetrou Die Een wat dit gemaak het, seks is slegs veilig binne die huwelik. Dis gee ons ‘n lisensie tot speelse, ware intimiteit. Wees verseker, ek praat nie uit ‘n plek van oordeel nie, maar uit ondervinding en die rede vir my rou eerlikheid is absolute vergifnis.